Keuses

Januarie 23, 2008 at 9:48 vm 2 Kommentaar

Hoe sê ek eintlik wat hier in my gedagtes rondspeel, iets pla…… iets pluk en skeur my hart en ek wens self ek kon weet hoe om dit vas te pen en dit vierkantig in die oë te staar…..net om weer rustig te kan wees, ek is nogal ‘n moeilike entjie mens as iets my die dag om krap.

Dit bring my uit by keuses:

Jou hele lewe lank word jy voor keuses gestel, wat jy met dit maak sal jy mee moet saamlewe.   Die keuse om suur dinge in jou lewe te verruil vir die soet dinge en dit beleef het en ek kon op jou gesig sien, jy is rerig gelukkig. Dan eendag besluit jy om terug te keer na die suurdinge, hoekom sal ek ook wil weet? Is die suur dinge dan werklik so aanloklik of het die mense wat saam met die suurdinge kom ‘n houvas op jou? En jy kan maar wil nie daar oor praat nie. Iets hou jou terug om waarlik gelukkig te wees, want in my oë weet ek jy verdien dit.

Mense om jou, as jy dit net wil raak sien- gee rerig om bekommer hulle oor jou welsyn en jou ware siels geluk. Sonder verduideliking het jy alles wat dalk wel mooi was in jou lewe verruil vir die onsmaaklike. Tog hoef jy nie jou aksies aan enige iemand te verduidelik allermins ekke, dis dan tog jou lewe.

Sê my is jy waarlik gelukkig want dit kan ek net nie voorstel dat jy wel is nie.

Tydelike geluk is ‘n “bummer” want een of ander tyd gaan jy tot stilstand kom en jouself dalk afvra, wat in hierdie lewe wat ek nou het maak my rerig gelukkig? Dis tog so eenvoudig om ‘n fake smile op jou bakkies te sit en almal dink tog maar net jy is fine. Maar die waarheid is jy kan ander bluf maar vir jouself kan jy nie lieg nie.

(ek skryf hierdie omdat ek pyn ervaar soos nog nooit tevore nie, iemand wat my na aan die hart lê laat op hom trap keer op keer.  Maar weereens elkeen is verantwoordelik vir sy eie geluk)

Het die droom
tog voortbestaan
jy het veilig
tuisgemaak
in die hoeke
van my hart
ek sien en voel
die swaar
seerkry
in jou lewe
want jy lewe
mos net
vir ander….

Lekker daggie vir julle almal

Liefde

Entry filed under: Alles en nog wat, Gedigte, Hoop, Liefde. Tags: .

Steve? Reg of weg? Verskroei

2 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Januarie 23, 2008 om 10:11 vm

    Neykie moet jou nie jou mooi nekkie breek oor hierdie naweek nie, hy sal heel moontlik moet werk, want met al hierdie reèn staan al hulle trokke – sodra dit oop trek sal hulle moet werk en ry soos nog nooit tevore nie, so ons gaan lekkkkeeeerrrrrrrrrr kuier, sodra daai baby shower verby is, gaan ons by my huis verder kuier, of dalk bietjie rondrits. NEE ek dink kuier by my huis. SIen jou die naweek.

    Reply
  • 2. neykie  |  Januarie 23, 2008 om 11:10 vm

    oky as jy so sê Sharks….

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2008
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: