Steve? Reg of weg?

Januarie 22, 2008 at 12:27 nm 10 Kommentaar

steve.1 

Almal het blykbaar vergeet dat net soos ons Steve is ‘n mens, wie het hom op die Poduim geplaas? Ons sy “fens”, en ons kon nooit genoeg kry van ou Steve nie, as hy ‘n optog gereël het , was almal maar soos ‘n stertjie agter aan om tog net vir Steve te kan wys ons kan ook opstaan vir ons regte as Afrikaner…..

Toe bars die sogenaamde bom…. ontplof letterlik in die Hofmeyr’s se privaat lewe. Niemand gee ‘n bloue duit om oor Natasha se gevoelens en die twee seuns nie. Laat ek julle net vra, maak dit wat Steve gedoen het van hom minder mens? Hoekom sal jy nou ewe skielik wil gal braak oor sy foute? Almal inkluis JY het sondes, en tog steur die media hulle nie daar aan nie, want jy is nie op ‘n poduim geplaas vir die wereld om op te bou en by elke moontlik geleentheid af gebreuk te word  nie.

Gaan dink ‘n rukkie daar oor na, hoekom wil jy nou nie meer Steve se albums luister nie want dit maak te seer? Shame BOO HOO, dink vir ‘n slag wat dit alles aan Steve en sy familie doen.

Ek sê nie ek keer goed wat hy gedoen het nie, Janine is mos nou ieweskielik die gekwetse ou boklammetjie wat simpatie soek. Ek reken wat Steve nou die nodigste het is om nog steeds met sy lewe aan te gaan en die dinge by hom self uitklaar.  Sonder die media wat om elke hoek en draai probeer uitvind wat is sy kommentaar op dit en op dat, en die publiek wat hom stenig.

steve

Vandag kan ek nie eers myself indink hoe Steve moet voel nie, wat nog te sê van sy gesin.  Los hom in vrede, hierdie is sy lewe, sy wedstryd wat hy moet wen of verloor. En soms gaan dit moeilik gaan, maar hy is ‘n sterk man hy sal hierdie oorwin op sy manier.

Ek bly trots ‘n Steve fan…. Kom wat wil…..

Entry filed under: Alles en nog wat, SSSB. Tags: .

Hoe bou mens ‘n brug? Keuses

10 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Januarie 22, 2008 om 2:02 nm

    Neykie my hart bloei vir Natasha en die kinders.

    Reply
  • 2. Justine  |  Januarie 22, 2008 om 2:12 nm

    Instinktief geweet, onwrikbaar daarin geglo en nou ervaar ek dit: Ongelooflike skoonheid, teerheid, genade vir jou medemens gebore uit Liefde. Neykie, jy is pragtig. Beeldskoon!

    Reply
  • 3. neykie  |  Januarie 22, 2008 om 2:19 nm

    Justine ek is nie seker wat jy bedoel nie… maar dankie.

    Reply
  • 4. Dellie  |  Januarie 22, 2008 om 2:22 nm

    Ja Neykie, ek is een van die wat nog redelik teleurgesteld voel in Steve. Maar daarom is daar mense soos jy, wat mens dit uit ‘n ander oogpunt laat sien. Ek sal weer eventually na sy musiek luister, maar vir nou is ek bietjie kwaad vir hom. Ja, hy is ‘n mens net soos ons, en ja, ek is nie foutloos nie. Maar ek sukkel om oor daai 10 jaar lange fout te kom. Maar gee my kans, ek sal daar kom… eventually…

    Reply
  • 5. neykie  |  Januarie 22, 2008 om 2:28 nm

    Die pad na herstel is nie maklik nie, veral as die glas ‘n kraak in het. Almal sal daar mee vrede maak met tyd. Sterkte Dellie.

    Reply
  • 6. Justine  |  Januarie 22, 2008 om 3:03 nm

    Eintlik het ek hardop gedink met my comment, iets soos “I knew it”!! LOL Ek lees gereeld jou sielvolle gedigte en dwarsdeur die pyn glinster ʼn pragtige siel. Ek verwys natuurlik na jou innerlike. (Ek het die mooi van die begin af raak gesien)

    Is ons nie maar almal siele op reis na ʼn bestemming nie? Dis waarom te heerlik is om telkens langs die pad bietjie te rus by hierdie immergroen oase. Jy skryf pragtig.

    Reply
  • 7. neykie  |  Januarie 22, 2008 om 3:08 nm

    Dankie Justine jou comment het werklik vandag my uiterse moeg siel gelig, soms raak dit net te veel om voor te gee ook.

    Lekker dag vir jou verder

    Reply
  • 8. Justine  |  Januarie 22, 2008 om 3:35 nm

    Die vreugde is myne

    Onthou; vir die wat glo is daar ALTYD ‘n onsigbare engel tot sy beskikking. Jy is nooit solo nie, al voel dit soms so.

    Reply
  • 9. nadine grobler  |  November 22, 2008 om 5:54 nm

    jy moet n lekker dagt he ek stuur wan england af ek mis al my friende daar en veral die aande wat my pa my gevat het of jou te gan sien het dankie baai

    nadine grobler
    hoop ek sal weer een van die dae in sa gan bly xxx

    Reply
  • 10. nadine grobler  |  November 22, 2008 om 5:55 nm

    jy moet n lekker dagt he ek stuur wan england af ek mis al my friende daar en veral die aande wat my pa my gevat het of jou te gan sien het dankie baai

    nadine grobler
    hoop ek sal weer een van die dae in sa gan bly xxxx

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2008
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: