Hoe bou mens ‘n brug?

Januarie 21, 2008 at 8:03 vm 2 Kommentaar

Goeie sement is ‘n fondasie vir so ‘n brug.  Baie steunpilare en goeie konstruksie, maak van jou brug ‘n langstaande een.

  

“n Sekere persoon het eendag vir my gesê bou ‘n brug en kom daar oor, dit maak sin maar waar begin mens- ek verlang na daai persoon ‘n verlange wat so diep is dat even al bou ek hierdie brug en kom daar oor, hoe vergeet mens die goue dae?

  

My bruggie is klaar half gebou en op ‘n manier weet ek ek sal hom klaar bou en oor kan loop sonder dat hy inmekaar sal stort. Die mense in my lewe nuwes en oues help my sonder dat hulle weet help hulle my aan hierdie konstruksie van my brug.

 

Die pad na herstel is soms lank maar ek reken almal loop die pad een of ander tyd.  Uit beginsel en waardes loop ek nooit met my hart op my mou nie, dit word as ‘n risk beskou vir my.

  

So maak jou vrede met alles bou jou brug en dalk kry jy kort voor lank iemand wat jou sal help en jou verstaan en meer as wat jy ooit sou van droom jou ondersteun en verstaan as jy eendag deur ‘n moelike tyd gaan. 

 

So ek reken dis makliker gesê as gedaan- maar ywerig het ek aan my brug begin bou en besef dat dit toe nie so moeilik is nie. En deur my geswoeg en gesweet kan ek net my vriendin dankie sê dat sy verstaan as ek nie lekker voel nie, partykeer kan net die wete dat sy daar is vir my, my deur dit help.

   

“Jy het gesê ons liefde sal bly staan, al tuimel al die berge in die oseaan. Doen vir my ‘n gunsie voor jy gaan gooi vir my ‘n klippie in die oseaan…….Miskien is liefde net ‘n fantasie, dis nie alles maanskyn en rose nie. Jy was vir ‘n rukkie aan my sy was jy maar net ‘n biekie net ‘n  biekie lief vir my.  Miskien is daar ‘n plek vir ons twee saam ander kant die berge van die maan.  En as die maan weer opkom sal ek onthou ek was vir ‘n rukkie ook ‘n biekie lief vir jou.” – Laurika Rauch

  

“Love is one BIG illusion i should try to forget, but there is something left in my head.  Your the one who set it up and now your the one who make it stop, I’m the one who’s feeling lost right now. Now you want me to forget every little thing you said…..”

 

Verlede

vergete in

die draaie

van jou

hart
liefde

verwelk en

ons loop

weg

hoe kan

mens

iets verloor

wat nooit

joune was

 

Entry filed under: Alles en nog wat, Liefde. Tags: .

World Steve? Reg of weg?

2 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Januarie 21, 2008 om 8:23 vm

    Neykie ekke myself het al getry ‘n brug bou, maar nooit klaar gemaak nie, want die “guts” was nie meer daar nie, so ek karring maar aan!!

    Hoop jy kom heel ander kant uit – baie sterkte!!

    Reply
  • 2. GOGGA  |  April 28, 2009 om 7:36 nm

    Neykie, jislaaik ek ken weer die brug bou storie so: Ek huil my self ‘n riviertjie en bou my brugie en kom daaroor. Dit werk nogal vir my en elke keer kom ek net sterker aan die ander kant uit. Sterkte man hou net moed en bly altyd positief en staan sterk soos ‘n brug. Komaan! Jy kan, vind net jouself. Dit doen jy natuurlik as jy jouself ‘n riviertjie huil.

    Groete GOGGA

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2008
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: