Pa & Ma

Januarie 19, 2008 at 8:06 vm 1 comment

Ek reken vir elkeen van ons kan een spesifieke liedjie jou lewe op die einste oomblik vasvang, en of dit nou net hier en daar ‘n sinnetjie uit verskeie liedjies is as jy dit hoor kry jy hoendervleis en jy moet gaan stil staan en dit eers van voor af inneem. (Jimmy eat world-HearYouMe) 

Niemand kan vir jou kies hoe om hierdie lewe te leef nie, dis alles jou besluit en sodra jy besluit het werk daaraan om dit waar te maak.  Almal strewe na iemand om lief te hê, iets om te doen, en ‘n droom om te leef.  Hoe jy kies om by dit uit te kom lê alles binne jou en soms kan net jy die moelike vrae beantwoord wat die lewe na jou toe gooi.   

Op een op ander tyd verlaat jy die veilige hawe van jou ouers se huis en moet jy die moeilike wêreld daar buite aandurf, en jou bene is nie noodwendig sterk genoeg vir daardie eerste tree nie maar die wil van oorlewing tree gou in en alles gaan nie sommer uit die staan spoor reg nie- jy word mettertyd geskaaf  tot  jy al hierdie verantwoordlikhede kan hanteer.  Soms is jy tog maar nog breukbaar, maar jy leer om sulke dinge te oorkom.  

Ek mis my ouers vreeslik, hulle het my gedra as ek seer gehad het. My pa kon altyd en sal nog altyd die een wees wat my trane afvee en my leer om op te staan.  My ma sal my koffie aandra en heeltyd my kon troos en verseker dat alles sal oky wees.  Soms verstaan ek hulle nie, maar ek is nog net kind in my hart en wat ek heel moontlik die nodigste in my lewe kon hê en het is mense soos hulle. Daddie en Ma ek is oneindig lief vir julle. Julle is die steunpilaar in my lewe wat alles die moeite werd maak.

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Vlam World

1 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Januarie 21, 2008 om 8:18 vm

    Neykie dit is so mooi, jy weet vir ons as ma – is dit ook nie altyd ‘n maklik pad om te loop nie, ons verstaan nie altyd ons kinders nie. Maar dit is so waar ‘n kind besef nie altyd hoe kosbaar sy ouerhuis is, voor dit te laat is nie. My pa ken my so goed, hy weet wanneer iets my pla – my ouers is ook my alles!!

    Sien jou die naweek, ons gaan lekkkkkerr kuier!!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2008
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: