Die onvermydelike

Desember 7, 2007 at 9:14 vm 5 Kommentaar

Sal jy jouself ooit vergryp aan drank sodra dinge biekie nou trek?

Ek sal nie

Dit los nie probleme op nie, net ‘n duidelike verdoof middel(slingersousie) vir die pyn in jou hart.

Ons moet leer “cope” met hierdie lewe. Kan ons die paadjie wat jare vooruit vir ons uitgelê is verander?

Wat is vir jou die onvermydelike waarheid, oor dinge wat jy nie van sin maak nie?

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Om lief te hê Groete Van Sharks

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Suz  |  Desember 7, 2007 om 2:50 nm

    Neykie

    Ek glo nie daaraan om jou te vergryp aan drank nie, darnk vat nie jou probleme weg nie, al wat gebeur jy het na die versuip sessie nog ‘n hoofpyn ook daarby.

    Glonie ons kan die paadjie wat vir jou uitgelê is verander nie, jy as persoon kan dit net beter of slegter maak.

    Daar is baie dinge in die lewe wat nie vir my sin maak nie, ek kan nie verstaan dat daar Ma’s is wat kinders mishandel, en dan is daar ander vrouens wat so smag na ‘n baba maar wat nie 1 kan hê nie.

    Dan iets wat ek nog steeds nie kan aanvaar (onvermydelike waarheid) nie is die feit dat my Pa op die ouderdom van 69 jaar van ons weggevat is. Ek weet dat ek dit al ‘n paar keer op blogs genoem het van my Pa wat in Feb 07 oorlede is, maar ek moet eerlik wees daardie seer is nog so rou asof dit gister gebeur het en as ek so daaroor skryf op julle blogs maak dit ‘n bietjie draagliker. Gister het ek peetma geword van ‘n 3.6kg dogtertjie en wat veronderstel is om ‘n wonderlike gebeurtenis in enige gesien te wees was vir my baie erg, want my Pa is nie daar om hierdie bondeltjie vreugte met ons te deel nie.

    Neykie, sterkte met die seer in jou lewe ook en ek hoop dat daardie wond van jou sommer baie gou gaan genees.

    Reply
  • 2. Fredddy  |  Desember 8, 2007 om 9:56 vm

    Suz en Neykie
    Ek sal ook nie die drank opsie vat nie. Ek weet wel ek kies soms ander opsies om seer opsy te skuif vir ‘n rukkie. Soos om te fliek. Of te kuier. Of slaap of hard werk.

    Vir myself is ek nie so seker dat my paadjie in graniet uitgekap is en ek het nou maar geen keuse as om dit te bewandel nie. Ek is nie ‘n marionette op ‘n roltrap nie. Al is dit waar dat ek nie beheer oor alles in my lewe het nie.

    Suz, baie geluk met jou peet-ouerskap. Mag daai kleintjie iets van jou pa in jou self beleef. En Neykie, whatever jy van praat, die glimpse wat ek op die virtual world van jou sien, is great.

    Reply
  • 3. kat  |  Desember 9, 2007 om 11:52 nm

    Dis ‘n uitdaging. om te lewe. En cope en lewe is amper vir my dieselfde ding. Jammer dat dit so is. Maar darem nie altyd nie.

    Reply
  • 4. Da Mario  |  Desember 13, 2007 om 12:02 nm

    Verseker kan jy die paadjie wat jy dink vir jou vooruitgele is verander! Die sleutel daartoe is die besluite wat jy vandag maak…😉

    Reply
  • 5. vokof  |  Desember 13, 2007 om 4:51 nm

    Die blessitse hangovers werk nie hoe ouer jy word nie, maar jy is nou nog jonk, paartie pop, like there is no tomorrow – laat jou lief net mooi na jou kyk.

    Ai, toe ek so oud was soos jy…

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Desember 2007
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: