Hartseer….

November 27, 2007 at 8:30 vm 8 Kommentaar

My lewe is verby…..

As ek maar net kon weet…..

Dat alle goeie dinge
nie veraltyd aan hou
nie.  Erens langs die pad gaan jou besluit jou in
die gat byt
En so hard dat jou
hart in middel twee is
jy huil, wens tog net
dit wil weg, hoekom stort
jy tog hierdie trane is(was)
hy dit werd
Hoe kon 1maand tog so onvergeetlik wees
omgeswaai in pure hartseer
My lewe is sopas doelloos
ek ry eerder voor ‘n trok in as om weer te moet asem haal sonder hom in my lewe
elke sekond, elke traan skeur my hart
dit bloei
maar geen pleister kan dit keer,
Ek is sopas Breindood, Liefdeloos verklaar…..

  Miss U Crying 1

arkhee-tears.jpg 

As ek nog net eenkeer vir hom kan se dat ek hom nog lief het

O Here….

Entry filed under: Hartseer. Tags: .

Wikus. Die naweek. Tag????

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Dellie  |  November 27, 2007 om 9:14 vm

    Ag nee jong, lig op daai mooi koppie van jou, vee af die traantjies, en gaan aan met jou lewe. Geen man is ‘n vrou se trane werd nie.

    (((Neykie)))

    Reply
  • 2. neykie  |  November 27, 2007 om 9:25 vm

    Niemand verstaan dat in een maand het hy my lewe geword nie, ek kan nie. My oge is al uitgehuil, seer gehuil

    Ek is so lief vir hom(julle verstaan nie)

    N

    Reply
  • 3. Dellie  |  November 27, 2007 om 9:41 vm

    Ek probeer verstaan Neykie, maar jy is nog baie jonk en daar lê dalk beter dinge vir jou voor. Alles gebeur met ‘n doel, en eendag sal jy verstaan wanneer jy terugkyk. Ek weet dit is nie wat jy nou wil hoor nie, maar om in ‘n bondeltjie te sit en jammer voel vir jouself, gaan niks vermag nie. Jy wil tog nie hê hy moet by jou bly omdat hy jou jammer kry nie? Wys hom wat hy gaan mis, en DIT moet ‘n borrelende, pragtige jong vrou wees met baie selfvertroue, iemand wat die lewe reguit in die oë kan kyk. Moenie hom emosioneel afpers nie.

    Ek het empatie met jou seer, en ek hoop uit die diepte van my hart dat dinge vir jou sal uitwerk. Rerig!

    Reply
  • 4. Roer  |  November 27, 2007 om 10:01 vm

    ((((neykie))))

    Reply
  • 5. neykie  |  November 27, 2007 om 10:15 vm

    Ja???

    Reply
  • 6. adelem  |  November 28, 2007 om 8:35 vm

    Neykie, ekt jou getag op my blog. Dit behoort jou aandag biedjie af te lei. Hou moed girl! xxx

    Reply
  • 7. oopkop  |  November 28, 2007 om 12:47 nm

    Ek was al waar jy nou is. Ek verstaan. Ek belowe ek verstaan, en ek WAARBORG jou jy sal eendag terugkyk en nie kan glo jy was so erg oor hom nie. Die lewe gaan aan. Mens kry seer, en hemel weet dit maak seer, maar niemand anders kan die rede vir jou bestaan wees nie. Ek het iemand toegelaat om my bestaan te word en uit my foute geleer. Ek weet niks wat ons sê gaan jou seer wegvat nie. Ek belowe jou jy sal beter voel, dalk nie nou nie, dalk nie more nie, maar jy sal. En as jy jou oë uitvee stuur die Here vir jou iemand wat al die seer wat jy gehad het wegvat. Ek hoop jy voel gou beter.

    Reply
  • 8. SHARKS  |  November 28, 2007 om 12:50 nm

    Agge nee ek is so jammer Neykie, ja ek ken ook daai seer, maar die lewe gaan aan, lig op jou kop, kyk die wèreld vier kant in die oè. HY IS NIE JOU TRANE WERD NIE!!!

    Baie sterkte vir jou.

    Geniet jou dag.

    ((((((jammer ek comment nou eers, ons is baie besig)))))

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: