Vrydag!!!! Voel jy ook soms….

November 16, 2007 at 10:06 vm 5 Kommentaar

whoowhooDankie tog dit is Vrydag, hierdie week was net effens te lank…..

 Gister het Barbara haar verstandtand laat uithaal, en terwyl ek haar hand vasgehou het, want dit lyk befok seer maak my maag so hewig draai en ek is skoon duiselig sien net sterre(dis wat bloed aan my doen, en ek wou dokter word?). By die huis gekom het ek Waarmaker gelê en luister en raak toe so semi-aan die slaap, toe kom Wikus daar aan.  Genade my maar die mannetjie kan ook bedonnerd lyk as hy die dag wil.  Half tien toe ek wil gaan slaap , sê my moeder nee ek beter vir Barbara bel en daar gaan slaap, want jy kan nie alleen wees as jy pyn het nie. So gesê so gemaak, eers toe koffie gedrink en toe gaan lê, shame sy het glad nie ‘n ook toegemaak nie.

Voel jy soms
dat niks
jou meer kan
traak
stukkies skerwe
lê in jou lewe
hoe kan jy
aangaan
kan salf jou
sere genees
verbande gedraai
om jou hart
voel jy nog
steeds die
seerkry
van jou gister’s
wil jy
nog bly lewe?
Waar is die Here
as ek hom so
nodig het?

258160b528.jpg
My hartjie is seer vandag, ek kan nie altyd alles openbaar op die blog nie-genesing begin by mens self en een of ander tyd moet ek probeer om die verlede in my “canfruit bottel” sit en daarvan vergeet, want al die pyn in gister beinvloed jou geluk vandag.

Hoop julle het ‘n hop-hop hasie naweek. 

Liefde
Neykie

Entry filed under: Alles en nog wat, Gedigte, Hartseer. Tags: .

Briefie vir my Liefie Sondag

5 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  November 16, 2007 om 10:52 vm

    ai Neykie, hoe koue gevoel kry ek nou!

    Geniet die naweek.

    Reply
  • 2. Suz  |  November 16, 2007 om 10:54 vm

    Neykie

    Sterkte met wat ookal daar is waarmee jy moet cope, hoop dat jy sommer gou alles in ‘n bottel kan sit en in die see gaan gooi dat dit ver weg kan gaan.

    Moet net eers sê dat ek vandag ‘n volle 16 jaar getroud is met die wonderlikste man in die hele wêreld en ek dank God vir die man wat Hy aan my gegee het.

    Lekker Naweek

    Reply
  • 3. neykie  |  November 16, 2007 om 11:11 vm

    geluk aan jou suz.

    Sharks watse koue gevoel was dit?

    Reply
  • 4. Dellie  |  November 16, 2007 om 4:27 nm

    As jy nie wil deel wat jou hartseer maak nie, is dit OK. Weet maar net dat ons hier is om te luister as jy dit nodig het. (((Neykie)))

    Reply
  • 5. sonneblomseplekkie  |  November 20, 2007 om 8:17 vm

    Hi neykie,
    Weet jy wat, hier is mense wat blog wat regtig ‘n steunpilaar geword het vir my. Dis partykeer goed om net uit te laat. Sterkte vir jou jong. Dink ons moet almal ons demone in ‘n bottel gooi en dit in die see gaan boender.😉

    Groetetjies
    Sonneblom

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: