Het Geluk perke?

November 5, 2007 at 10:10 vm 7 Kommentaar

Vir een oomblik in my lewe wonder ek of “too much of a good thing will turn bad after a while”…… iets is wat wel waar is? Want hoe kan mens alles in die werêld besit en jou hart is nog koud teen oor dit wat eintlik saak maak Liefde?  Kan jy op 20jarige ouderdom voel dat jy jou soul mate ontmoet het en dat jy elke sekonde by hom wil wees, en vir eens in my lewe voel jy de hel met wat jou ouers van hom dink, dis jou geluk wat tel reg?

Erens in jou agterkop bêre jy dat jy eendag gehoor het, hoe hy terwyl hy saam sy ex was by ander meisies gaan kuier het? Hy belowe jou die son maan en sterre, maar hoe kan jy vertrou as sy suster tog nie vir jou sal jok oor dit nie? Genade my wat moet ek doen, alles voel net so reg. Hy sê self hy het gebid vir ‘n uitkom kans uit sy vorige verhouding en toe stap ek in sy lewe in. Moet ek vertrou en bid vir geen seerkry nie? Die hemel weet hoe Lief ek vir hom kon word in ‘n bestek van 3weke………..

goeie dinge
gaan tot niet
in gister
se trane
lê môre
ons verstaan
almal se
seerkry
sal verskiet
vir nou
sal ons bly
net te kan
sien wat
vir ons
wag op die
einde van die reënboog
reenboog.jpg

“May the road rise to meet you,
May the wind be always at your back,
May the sun shine warm upon your face,
The rains fall soft upon your fields,
And until we meet again,
May God hold you
In the palm of his hand.”

Entry filed under: Alles en nog wat, Liefde. Tags: .

Glo Wense vir vandag

7 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  November 5, 2007 om 2:59 nm

    Neykie ek ken maar net die seer kry kant van die lewe, maar as ek so tussen die lyne deur lees, is jy werklik baie gelukkig om hom in jou lewe te hè, waardeer mekaar!! Ek is so bly vir jou part dat jy iemand so nice ontmoet het.

    Reply
  • 2. Dellie  |  November 5, 2007 om 3:21 nm

    Jongie, dis ‘n besluit wat net jy kan neem. Niemand kan die ene vir jou makliker maak nie. Besef net dat saam met jou besluit, verantwoordelikheid kom. Maak nie saak watter paadjie jy kies nie. En jy kan nie elke paar dae jou mind change nie… sterkte!

    ((Neykie))

    Reply
  • 3. neykie  |  November 5, 2007 om 3:41 nm

    As alles net altyd so maklik was soos mens wens dit kon wees. Maar ongelukkig weet ek dat wat jy sê Dellie die waarheid is. ek moet ok erken ek is baie gelukkig by hom, maar wat as onsekerheid oor die dag van more jou opvreet van binne af. Kan mens altyd jou “happy face” op sit en aangaan????

    Reply
  • 4. Dellie  |  November 5, 2007 om 4:02 nm

    Jy kies die paadjie waar dit nie vir jou nodig is om ‘n “happy face” maskertjie op te sit nie… die ene waar jy actually rerig happy gaan wees…

    Reply
  • 5. wit perd  |  November 6, 2007 om 11:52 vm

    neykie

    Ek ken ook daardie gevoel wat in jou bly vasteek. Ek ken nie eintlik jou situasie nie maar ek het al iets soortgelyks deurgemaak maar op die einde van die dag kan almal vir jou raad gee maar dus eintlik in jou hart waar die regte en ware antwoord lê. Luister daarna miskien help dit!!!

    Lekker dag

    wit perd

    Reply
  • 6. Laaste 3dae, besig besig. « Neykie’s Weblog  |  Desember 11, 2007 om 2:32 nm

    […] kan ek bly hoop?  Wikus is terug by sy eks ( https://neykie.wordpress.com/2007/11/05/het-geluk-perke/ ) gaan lees hier. Ek het dit verwag, en ek is nog onseker of ek kan bly hoop. My pa sê as ons vir […]

    Reply
  • 7. Platkuif  |  Desember 11, 2007 om 3:34 nm

    daai ou mors jou tyd.hou verby.hy gaan jou nog baie trane laat huil.’quit while u ahead’…

    p

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: