Pa & Ma

Oktober 10, 2007 at 11:58 vm 2 Kommentaar

Kleintyd
is ek vertroetel
in die dankbare hande
van ouers soos julle
vandag is ek ouer
nie meer ‘n kind nie
wil dankie sê
vir elke kosbare oomblik
niks was ooit te veel
mag ek vra
dat ons band
sal versterk
vra ek omverskoning
vir die seerkry
julle het aanhou glo
as ek geval het
my op gehelp
raad gegee
my hand gevat
en my gelei
daarom wil ek vandag
Dankie sê
vir wonderlike ouers soos julle
Ek is baie lief vir julle
Dankbaar vir al die lewenslesse

Liefde
René

Entry filed under: Gedigte. Tags: .

Is ek anders? Herkenning? Waarom blog mens

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Marina  |  Oktober 10, 2007 om 12:09 nm

    Dit is pragtig!!!!

    Reply
  • 2. SHARKS  |  Oktober 10, 2007 om 1:12 nm

    Baie mooi woorde, ja as mens klein is word jy deur jou ouers gelei, jy trap op jou ma en pa se skoot, maar die minuut wat jy ‘n tiener is, vertrap jy jou ouers se harte! Ek dank die HERE my kinders is nie so nie, ek het twee lieflike rustige kinders, ok elkeen het ‘n wil van sy eie, maar my woord is wet, en hulle resepteer dit!! Neykie ek is net so lief vir my ouers, veral vir my pa, ons is vreeslik close. Mens moet jou ouers liefhè en dit vir hulle wys en sè elke dag, want jy weet nooit wanneer die HERE een van hulle gaan kom haal om in sy blomtuin verder te blom nie.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Oktober 2007
M T W T F S S
« Sep   Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: