Herkenning? Waarom blog mens

Oktober 10, 2007 at 3:17 nm 2 Kommentaar

Middag,

Herkenning glo ek is die moelikste ding op aarde? Moordenaars moet herken waar die lyk is, of dat hulle wel moord gepleeg het. Verkragters, Leuenaars, Moordenaars moet tog skuldig voel en kan herken dit is so en so gewees. Waar trek mens die streep en hoe oorreed jy jouself om iets te herken wat moeilikheid mag bring wat mense om jou ongelukkig mag laat? My herkenning vandag is ek is vreeslik skaam vir mans, ek kan nie met hulle praat nie. En soveel meer herkennings maar dit los ons vir later.

Waarom blog jy? Voel jy gemaklik met alles wat jy kwyt raak? En ek vra hoekom nie, die lewe gaan oor kritiek. En ek het so paar vriende gemaak met hierdie blog ding en as mens voel jy kan ‘n breeër mening oor jou probleem en vrae kry, hoekom nie?

Hier aan hierdie kant is daar nie baie nuus nie, maar ons lewe nog, en dit is al wat saak maak. Heit geniet julle dag dit wat oor is.

Liefde
René

funny-cerven2004.jpgfunny8.jpgfunny-kid-and-horse.jpgdooffy_monkey_funny.jpg

sponsor_kid.jpg

Entry filed under: Alles en nog wat, Hartseer, Prentjies. Tags: .

Pa & Ma Omstandighede

2 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Oktober 10, 2007 om 3:39 nm

    Waarom blog ek, omdat dit is lekker is om te lees wat ander mense skrywe, omdat ons almal wat blog eerlik is, ons almal is net mense, van ons is mense wat seerkry ken, swaarkry ken, op die manier ontlaai ons, ons ontmoet nuwe mense, wat maar net ‘n naam of skuilnaam is, van ons het al oor ons eie dinge en verhoudings geskryf.

    Ja waar en hoe trek mens ‘n streep. Neykie al wat ek vir jou vandag wil sè is: LUISTER ASSEBLIEF NA JOU HART, te hel met wat ander mense dink en sè en selfs agter jou rug van jou wil skinder, vee jou g@t aan hulle af. Pasop vir seerkry.

    Wat van mans wat rondloop, het hulle geen gewete nie? Ekke vra maar net! Met watter gewete gaan hy vanaand huis toe, eet hy sy vrou se kos, klim agter haar rug in?

    Sterkte vir jou, en vir dit wat op jou pad mag kruis, ek wens iets goeds wil my pad kruis!

    Lekker aand.

    Reply
  • 2. Dellie  |  Oktober 11, 2007 om 11:21 vm

    Ek blog ook omdat dit lekker is. Ek doen dit nie om erkenning te kry vir iets nie. Dis net lekker om dit wat in my lewe aangaan, te deel met iemand anders behalwe my onmiddelike gesin en vriendekring.

    Soms is dit net laf, soms gaan dit dieper as dit. Dis eintlik soort van terapie, veral as mens sien daar is nogal baie mense daar buite wat dieselfde dinge ervaar. En ons het al ‘n baie nice kringetjie so opgebou!

    Maar in ‘n mate is dit ook half anoniem, ek het nog nooit foto’s van myself gedeel nie, en net ‘n paar mense weet wat my regte naam is! Dit gee mens bietjie meer moed en vryheid om te sê wat jy wil.

    Maar die bottom-line is, dis flippen lekker!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Oktober 2007
M T W T F S S
« Sep   Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: