Reën…21ste

Oktober 4, 2007 at 3:11 nm 1 comment

Oky so blykbaar is die reën hier om te bly, nie dat ek kla nie.  Vandag wens ek dat ek meer as kind in die reën kon speel en papnat word sonder mammie wat worry oor siek word. Wat is sou jou graag meer wou doen as jy weer kind kon wees?

Ek en Waldo het toe gister aand Poena is koning gaan kyk.  Ek het dit nogal geniet iets anders as die gewone skop skiet en d@nner movies. So doen jouself ‘n guns en gaan kyk dit maar.

Oky dan ek het toe maar besluit om ‘n tipe van bring en braai te hou vir my 21ste verjaarsdag, ingang is ‘n bottel shooters en elkeen help homself. Op Barbara se aandrang, altans sy het die “gastelysie” op gestel. En met se 20 bottels shooters gaan ons redelik dronk word wat reken jy?

Ek lees vandag hierdie inskrywing van Dellie raak, wat sy vir haar seun skryf en dit laat my ‘n traan pik want ek weet ek is alles wat ek het vandag net aan my ouers verskillig. Nou soek ek ‘n voorstelle ek het gedink ek wil iets vir my ma en pa gee op my 21ste verjaarsdag net om dankie te sê vir 21 wonderlike jare. Wat stel julle voor? 

Julle moet die res van julle dag geniet, en as ek nou so sommer my eie weervoorspelling moet maak-na 6 of 7 sal dit reën (katte en honde) geniet dit maak sop en potbrood(sharks se gunsteling) en kyk tv(whatever sou wys)

Liefde
René

Entry filed under: Alles en nog wat, Flieks. Tags: .

Britney Snaaks genoeg

1 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Oktober 4, 2007 om 3:23 nm

    My ander gunstelinge is pasta, pasta, pasta en tande pasta, pizza, Calamari (lekker)! Sjoe wat gee ‘n kind vir haar ouers as hy \ sy 21 word, lees vir hulle 1 Kor 13 van die liefde, wys hulle hoe lief jy hulle het, en hoe baie bly jy is dat juis hulle jou ouers is. Moenie te dronk word nie ! Ja daai inskrywing van Dellie het ‘n snaar geraak, want jy sien haar Seun en Jaco is albei nou 18 en die laaste paar skool dae het vir hulle aangebreek, ek steek my seer baie goed weg, want Jaco is besig om man te word, hy is nie meer mamma se seuntjie nie, maar wel MA se GROOT MAN! Ek is so trots op hom (en sy sussie), geniet jou b’day. Ek sal ‘n glasie lig op jou, FOUR COUSINS se SWEET ROSE (heerlik).

    Lekker aand jy.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Oktober 2007
M T W T F S S
« Sep   Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,007 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 1 day ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 1 day ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 1 day ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: