Selfmoord is dit ‘n opsie

September 28, 2007 at 11:23 vm 12 Kommentaar

Het jy al ooit die gedagte gehad dat maybe jy vir niemand meer belangrik is nie, dat almal jou nie rerig lief het nie hulle probeer net jou lewe nog moeiliker maak. Dat niks waavoor jy lewe meer die moeite werd is nie, dat alles en almal jou net verdra omdat hulle nie rerig van jou kan ontslae raak nie? Hoe besef mens dat jy hulp nodig het? moet dit vanself kom of moet jy eintlik tot op so punt kom dat jy al op die punt staan om jou planne uit te voer voor mens besef dat jy hier gesit is om te lewe en mense om jou te wys dat jy ‘n sukses kan wees. 

Ek stem die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie maar, jy moet vir jouself die lewe ‘n ervaring maak, moenie dat kleinigheid jou oorval en jou dieper dryf in ‘n swart gat waar jy in sal bly. Nie totdat jy besef dat jy erens tog iets vir iemand sal beteken, en van waarde voel.

En moenie bekommerd wees nie, ek is nie die selfmoord tipe nie-ek wonder net partykeer watter tipe guts dit vat om ‘n geweer se sneller te trek, of die stoel weg te skop? ek sal defnitief nie so iets kan doen nie.

Jy moet bly lewe maak nie saak wat nie, daar is erens mense wat jou lief het.

“Die lig an die einde van die tonnel is die ligte van ‘n aankomende trein”- dis seker nie gepas by die inskrywing nie, maar dit lig mens se gemoed so effens.

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Reën reën en nogmaals reën. jou mening asseblief Werk(dis nogal true)

12 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  September 28, 2007 om 12:22 nm

    Nee dit is nie ‘n oplossing nie, dink aan die mense wat agter bly!! Ek is seker maar ‘n groot lafaard maar ek sal dit nooit in my lewe eers oorweeg nie, nie eers met al my probleme wat ek het nie, nee wat, mens word dan anderse begrawe ook as jy jou hand in jou eie lewe neem. Het nie daai behoefde nie hoor!!

    Reply
  • 2. SHARKS  |  September 28, 2007 om 12:23 nm

    Nou moet ek seker bieg: ja ek het dit al probeer, maar dit was gelukkig nie ‘n sukses nie!!!!!

    Reply
  • 3. neykie  |  September 28, 2007 om 12:39 nm

    bieg is darem seker goed, moenie alleen voel nie. Ek het al daar aan gedink, maar mense sou net nooit vermoed dit was selfmoord nie.
    geniet jou naweek vriendin
    Liefde
    René

    Reply
  • 4. SHARKS  |  September 28, 2007 om 1:50 nm

    MOENIE IETS SIMPELS GAAN STAAN EN AANVANG NIE MENSIE, EK HET JARE TERUG DIT GETRY, DAAI PYN OP MY PA SE GESIG, NEE JY EK SAL DIT NOOIT IN MY LEWE KAN VERGEET NIE!! GOD WIL NIE Hè ONS MOET ONS HAND IN ONS EIE LEWE SIT NIE, MOENIE ASSEBLIEF, PRAAT, BEL MY ENIGE IETS MAAR ASSEBLIEF MOENIE DIT DOEN NIE!! EK GAAN NOU VIR JOU MY SEL NOMMER MAIL NA JOU YAHOO ADRES TOE.

    Reply
    • 5. saartjie  |  Januarie 10, 2014 om 5:09 nm

      my lewe is donkerder as middernag…ek dink mense pleeg selfmoord omdat die pyn wat hul dra te veel word en die enigste manier om dit weg te vat, is om jouself dood te maak

      Reply
  • 6. sonkind  |  September 30, 2007 om 7:08 vm

    Soms pleeg ‘n mens selfmoord in die donkerste oomblik van depressie. My seun het dit probeer, maar genadiglik is hy betyds gered. Wie ook al dit oorweeg, MOENIE. Tot vandag loop ek met vrees en hartseer rond. Hy is okay, nou, met medikasie, maar mens hou NOOIT op worry nie. Moenie dit doen aan die mense vir wie jy lief is nie. Niemand leef alleen nie, niemand leef net vir homself nie. PRAAT as goed te veel raak – daar is ALTYD oplossings. Selfs in ‘n tonnel, met ‘n trein wat van voor af aankom, is daar plek langs die muur om te staan sodat jy ongedeerd kan bly, terwyl die trein verbystorm, en daarna kan jy uitloop, na die bek van die tonnel, terug in die sonskyn in!

    Reply
  • 7. Johan Swarts  |  September 30, 2007 om 6:49 nm

    as God nie wil hê ons moet ons hande in ons eie lewens sit nie, hoekom ry jy daagliks in ‘n motor rond?

    Reply
  • 8. neykie  |  Oktober 1, 2007 om 8:03 vm

    julle ek het nie selfmoord neigings nie, altans nie meer nie, maar julle reaksie is verstommend en ek waardeer dit. Johan dit het my aan die dink gesit jou stelling?

    Reply
  • 9. Schalk  |  November 16, 2011 om 6:01 nm

    Ek dink nie julle weet wat aan gaan in iemand se kop nie.Daar is n groter veneedering vir die persoon wat selfmoord pleeg want hy voel niks werk meer nie al die deure word vir hom toe gemaak waar hy ook al gaan.Dit is vir daardie persoon die eensaamste tyd in sy lewe want daar is niemand daar wat hom kan help nie

    Reply
  • 10. driekie  |  Desember 11, 2011 om 6:58 nm

    Ek het n probleem is baie naby aan onverandwoordelike dade doen my lewe is 1groot gemors het3 kids wat my tot die uiterste bebroef en n man wat drink dan is ek die luiste en slegste vrou help asb

    Reply
  • 11. johanna  |  April 19, 2013 om 8:36 vm

    weet julle hoe ek voel ek is n lyk op twee bene vir my is daar nie meer n pad om te loop nie ek het te veel mense al ser gemaak in hierdie lewe ek bid dat hy moet weg vat ek bid my kanker terug ek bid vir n hart aanval maar niks en ek is baie kwaad ek baklei maar niks het selfmoord al getry maar nie met die regte toerusting nie elke keer n fokop nes ek

    Reply
  • 12. Estelle  |  Junie 26, 2014 om 8:20 nm

    Wat van as jy voel jy is niks werd nie, jou kop bly vi jou sê niemand like jou nie, jy is nie goed genoeg, kyk wat doen jy ALLES verkeerd, jy kan nie eers ‘n simple “check list” klaar maak nie!!!! Jy begin goed en maak dit nie klaar nie. Jy weet jy het genoeg, maar diep binne maak daai donker stemme jou so sleg!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
September 2007
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: