SHARKS, Liefde kan dit wees?

September 25, 2007 at 11:19 vm 2 Kommentaar

More,

En toe wen die S H A R K S die bloubulle en watter oorwinning. Okay so ons was net voor rustyd daar,waldo se kar het gekalf, gelukkig het Barbara se stiefpa ons ‘n lift tot daar gegee. Alhoewel ons laat was , het ek dit nogsteeds geniet. Hoekom as jy ‘n game op tv kyk voel dit soos ‘n eeu asof die 80minute nie vinnig genoeg verby kan gaan nie, maar sodra jy daar is vlieg dit binne sekondes (so voel dit) verby.

Hoe was jou langnaweek? My pa, ma my suster en Tristen en ekke het sondag lekker gaan visvang, vir Tristen, glo ek was dit ‘n fees. Maandag is ek saam Waldo na sy ma-hulle se huis toe, laat ek julle net dit sê vir daardie mense is geld nie ‘n probleem nie. Hulle het ‘n klein cinema, hulle is besig om ‘n “sona” te bou en ‘n jacuzzi in te sit. En hulle bly so 35km buite vanderbijlpark op die oewer van die vaalrivier. Eendag as ek groot is wil ek ook op so rustig plek bly, daar is niks so lekker om net heeldag na die natuur te sit en luister, geen jagende motors en geraas nie. Daar is niks wat mens keer om sulke drome te droom nie, maar dit gaan nie help jy soek sulke dinge en jy sit op jou boude en doen niks daar aan nie. Ek wil nie stink ryk wees nie, wat gaan dit help ek kan alles koop wat ek nog ooit begeer, maar jy het nie dit wat saak maak nie naamlik Liefde?

Ek moet nou erken hoe meer ek tyd saam Waldo spandeer, hoe meer raak ek geheg aan hom. En “boy-o-boy” sy smile is “to die for” maak my arme knieë lam. Hoe sê mens vir iemand dat jy in so kort rukkie lief kon word vir hom? En nog ‘n confession wat ek wil maak, ek het nie ‘n clue presies hoe lank ons nou eers saam is nie, my punt is maak dit saak? Moet ek my kop daar oor breek dis mos nie wat rerig saak maak nie is dit?

Oky ek het blerrie baie werk vandag, my arme lessenaar gaan nou ingee onder die papier werk. :mrgreen:

Liefde
R

p.s geniet jou dinsdag of is dit dalk ‘n blou-maandag?

Entry filed under: Alles en nog wat, Liefde. Tags: .

Lang naweek, rugby en nogmaals rugby ek en jy…..

2 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  September 25, 2007 om 1:18 nm

    Neykie dit is ‘n BLOU DINSDAG vandag. SHARKS het gewen, ekke was tog so bly gewees hoor!

    Neykie dit klink my jy is tot oor jou ore toe verlief op Waldo, ek hoop regtig hy voel ook so omtrent jou. Die liefde het jou beet hoor. Hoop regtig dinge gaan vir julle twee uitwerk. Sterkte.

    Reply
  • 2. Dellie  |  September 26, 2007 om 12:54 nm

    Ja, OK, toe wen die Sharks. Geluk! Maar ek bly nog steeds ‘n bul!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
September 2007
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: