Alles is Blou…..

September 10, 2007 at 11:56 vm 2 Kommentaar

Midag Hasies

Ek het so min krag in my lyf ek wil net omval en slaap. Lekker naweek gehad. Meeste van die tyd was ek by Waldo. Verder het ek die min tyd wat ek oorgehad vir slaap, probeer slaap nie dat ek eintlik kon nie ek was poegaai.

Anyways, vanoggend was inderdaard so blou soos nog nooit nie. My ma storm kwart voor agt in my kamer in “moet jy nie al by die werk wees nie?” (ek begin agtuur werk), ek moet toe nog bad (eet?-wa by ek toe nie uitgkom het nie) ek bad toe in 3minute flat, my hare word net in ‘n ponytale vas gemaak, my gesigroompie word in my handsak gegooi en daar is ek weg. Het darem nog tyd gemaak om by die garage kafeetjie te stop vir mummies milk( volroom melk van Clover met vanilla in- ek noem dit sommer “moedersmelk” lol) heerlik en ek is VERSLAAF!!!!!

So ek was net 5minute laat…….

Ek beginne toe te werk en wil die werkers se oortyd en goete doen toe besluit excel hy het ook ‘n blou maandag, nou het ek groot worries om die freaking ding regte kry ek moet payroll doen voor woensdag. Enige hulp???? Ek het dit nodig.

Ek het darem die naweek vir ou tin-tin gesien, hy kan so stout wees maar😀 sy tannie (ekke😈 ) help hom, ons gee sy ma grys hare voor haar tyd. Hey, dye jy jou hare om jou grys hare weg te steek vir die wereld????

Wat het jou dag vandag BLOU gemaak??? 😉

Okie ek moet gaan werk, die excel-freak-of-computer gaan try fix.

‘n Lekker giggel-blou maandag aan almal.

Liefde
René

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Rustig en stil wtf? vriendskap.. hoe loop jou dag. Wat dink jy

2 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  September 11, 2007 om 9:18 vm

    Moedersmelk, nee mens ek weet nie so lekker nie!! Ja gister was dit die blouste blou Maandag in my lewe, vandag weer so toe onder die werk, en dit is nou eers 11.16, ek is gedaan!!

    Reply
  • 2. Charmaine  |  September 11, 2007 om 11:57 vm

    Ja, dis van al die gelaat vryery wat jy so verslaap in die oggende. maar dis ‘n lekker tyd in jou lewe en jy mag nie een oomblik daarvan vemors nie, en jy beter elke oomblik daarvan benut.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
September 2007
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: