Wonder ek

September 4, 2007 at 8:56 vm 3 Kommentaar

Soms Wonder ek of
jy blind,
doof en
gevoelloos is

Jy sien hoe ek na jou kyk,
Hoor hoe ek met jou praat
Voel hoe ek aan jou raak

Maar jy sien nie,
hoor nie
voel nie……

Ek het vandag min oppie hart, al wat ek oor wonder is, Hoe gou kan mens iemand lief kry? Kan dit gebeur met oog opslag, ek het hierdie volgende stukkie skrywe op af gekom kliek op die link en ga lees. Wat dink jy daarvan?

http://www.poespas.co.za/blog/article.php?story=20070831111940585
 

“Ons trap baie spore in die sandduine van die lewe, maar in die oggend het die nagwind dit weggewaai. Als is verganklik, behalwe die omgee vir mekaar!”

Entry filed under: Liefde. Tags: .

Brokebut? 21ste verdwaal

3 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  September 4, 2007 om 12:41 nm

    Hallo mensie, gaan dit goed met jou? Bly om te lees jy is nog vrek verlief, geniet dit!! Jammer dat ek so bietjie skaars was, maar by my het dit ook maar doller as dol gegaan, die kant toe jaag daai kant toe jaag, siek kind in die hospital gehad, ‘n befokte man wat vir homself ook kwaad was (en is), wou hom sommer ook in die hospitaal laat opneem, siekte – bemoerigeheid.

    Renè mag GOD gee dat julle verhouding sal werk, net die beste vir jou.

    Die liefde is iets mooi en so wonderlik (maar dit ontglip my keer op keer) die liefde is rein, die omgee vir mekaar, die verlange na mekaar, die wete hy is lief vir jou, (ag toggie dit bestaan nie vir my nie)!!

    Ek is sommer jaloers op jou. (TOEMAAR NIE REGTIG NIE) *EKKE DALK AL TE OUD VIR WARE LIEFDE EN GELUK* het mos ‘n man {‘n dik dooie drol wat van donker tot donker voor die tv lè, suip, en rondry, en en en en}

    Geniet die lewe, geniet jou nuwe liefe en mag dit vir altyd hou, onthou om my na jou troue toe te nooi, anders trek ek jou oor my skoot en trek al jou gatvelle af!!

    Reply
  • 2. neykie  |  September 4, 2007 om 1:42 nm

    Yo,

    Troue?? IS dit nie dalk te gou nie? Maar as dit gebeur jy is heel eerste op my gaste lysie.

    En niemand is ooit te oud vir liefde nie.

    Vrede en geniet jou vakansie(op jou blog gelees)

    Liefde
    René

    Reply
  • 3. SHARKS  |  September 13, 2007 om 7:37 vm

    Dankie, as mens regtig baie lief is vir iemand, en dit werk uit, is dit seker nie te gou nie, in die ou dae het mense eers verloof geraak, lank verloof gebly, die troue en dinge mooi beplan. Jy beter dit onthou dat jy my gaan uitnooi, anders trek ek jou oor my skoot en trek al daai gatvelle van jou af: VERSTAAN jy my!! Hie hie sien ekke kan ook kwaai raak.

    Nee Neykie die liefde is net bedoel vir sekere mense nie vir my nie!! Gaan loer gerus in op my blog, ek het ‘n foto van die baas van die plaas opgesit. Hy verdien beter – ek is mos maar net ekke.

    Liefde

    DIKKES (wat die baas van die plaas my noem)

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
September 2007
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: