Verlief wees

Augustus 27, 2007 at 11:03 vm 2 Kommentaar

Goeiemiddag alle hasies,

Julle is dit nie tienkeer lekkerder om te lewe as jy verlief is nie? Die son skyn tienkeer helder, die blomme blom meer en al sulke dinge julle sal seker weet hoe dit voel. Ek dink elke liewe een het dit al beleef.

Anyways die storie hy loop so: My vriendin Barbara se verloofde (Roelf) se boetie(dis die DIE EEN) Waldo. Hy maak my bene lam en as hy so vir my kyk as hy dink ek sien hom nie.

Hy is 19 eks 20. Ons albei is ewe skaam. Barbara gee my toe sy nommer en ons beginne chat op mxit (net rustig gesprekke). Nou kyk ek dink persoonlik en ek het dit gisteraand besef ek worry altyd oor die seerkry gedeelte en net hoe lank gaan dit hou? Voor ek so geirreteërd is ek wil die mure uitklim, het ek ‘n probleem???? Dink julle dit is dalk my GROOTSTE droom om iemand te kry wat perfek vir my is maar dat ek in die proses myself tipe van vernietig omdat ek nooit myself rerig toelaat om liefde te ervaar nie.

Gee my jou opinie. Al my mxit-familie sê ek moet my ogies toe knyp en net alles gee, dalk wie weet?

Glo jy ‘n verhouding kan werk as die vrou die ouer een is? Glo jy liefde kan alles oorwin?

Dis rerig vir my ‘n groot ding, ek voel ook partykeer word jy in so situasie geplaas waar die gesprek so lyk:

Hy: Ek mis jou
Sy: “ek mis jou ook (gedwonge om nie sy gevoelens seer te maak nie)

Hierdie blog gemeenskap-familie doen dit vir my, partykeer het mens die onsigbare hand nodig om jou te lei.

Liefde almal😀
René

p.s To fear love is to fear life, and those who fear life are already three parts dead

Entry filed under: Liefde. Tags: .

Naweek… Jippie….. Hê ‘n Gr8 dag

2 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Augustus 28, 2007 om 5:44 vm

    Wat hoor ek? Is dit tog nie jou hart klop wat ek hoor nie? Mensie baie geluk, ek is so bly vir jou part, niks fout om bietjie ouer te wees nie. Hoop die twee’tjies van julle sal sommer baie gelukkig wees.

    Reply
  • 2. skoor  |  September 26, 2007 om 9:12 vm

    Go for it.

    En as jy dubbel so oud is soos nou, dan kry jy weer vir jou ‘n jong mannetjie! Vet pret (seg die wat weet…)

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2007
M T W T F S S
« May   Sep »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: