My vriendin

Augustus 23, 2007 at 12:48 nm 1 comment

So twee maande terug was daar groot stories oor ek my vriendin se besluit oor aborsie bevraagteken het. Kom ek vertel die hele storie van ons toe vriendskap.

Januarie 1997 is ek in standerd 4. Louise sit haar tweede jaar in die standerd. Ons was die twee moeilikheid makers op skool alles wat verkeerd was dit het ons gedoen, ek moet herken ons kon soos kat en hond ook baklei, maar ons was mekaar se “veilige hawe”, ons het oor enigeiets met mekaar gepraat.

In standerd 5 bring my oom een aand so “speelding” van die werk af, jy sit ‘n vuurhoutjie in en kap hom hard teen die grond dan maak hy soos ‘n bom, nou toe ek die ding sien werk my ou breintjie oortyd om hom in die hande te kry. Vrydag oggend loop ek skool die die dingetjie veilig in my tas(he-he) en ek en Louise vat al ons snoepie geld en koop vuurhoutjies nou as ek reg onthou was vuurhoutjies iets soos 15c of minner ‘n boksie nou ons elkeen het R5 snoepie geld. Pouse sit ons en speel te lekker met die ding, nodeloos om te sê ons is gevang en dis gekonfiskeer. Ons was hewig onsteld daaroor. Winter tye het ons met ons serpe aan rugbypale en netbalpale rondgeswaai.

So is ons saam na die selfde hoërskool julle kan net dink watse gemors dit afgegee het ons het skool geslip dat dit by onse ore uit loop. Die beste is ons het dit so goed gedoen ons is nooit gevang nie. In standerd 7 so op die einde van rugby seisoen speel die A span en B span teen mekaar en die skool kyk. Toe maak Louise en Mariska(ander vriendin) my ‘n deal as die rugby game nou oor is en almal verdaag terug klas toe moet ek nou “flou” val ek sê toe nee maar dis reg, julle moet net om my staan en vir “hulp” gil. Ai tog en daar val ek en hulle giggel en lag so hulle hardloop weg.

In standerd 9 het ek ‘n meisie wat tienkeer kleiner en korter as ek geslaan, ek moes natuurlik (en sy) voor die hele skool omverskoning vra.

Matriek was ons nogal rustig baie geslip maar ons moes darem goeie punte behaal so ons het dit maar op die minumum gehou.

Naskool het ons vriendskap afdraande beginne gaan ons kon net nie meer oor alles met mekaar praat nie ek dink die skeur het gekom toe ek met haar ex-boyfriend uit gegaan het. Na 8maande het ons eers weer vriendinne geword. Ons kon net nooit rerig ons stoutighede afskud nie.

Sy het ‘n verloofde in haar lewe wat my niks laaik nie(kyk dit verstaan ek ook nooit nie , nobody seem to like me he-he like i care)

Sy is nou seker so 4maande swanger en ek glo en bid dat sy waarlik gelukkig is, vandag wens ek net soveel meer ons kon nog vriendinne wees. Ons sou vanjaar 10jaar lank gewees het ek dink dis vir my ‘n rekord.

Louise vriendin ek glo jy is gelukkiger as ooit, jy verwag jou eersteling en ek weet die kind gaan die beste mamma op aarde hê. Baie dankie vir alles oor die jare, jyt my baie dinge geleer.

Liefde
R

Entry filed under: Hartseer. Tags: .

Weerstand Naweek… Jippie…..

1 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Augustus 24, 2007 om 10:10 vm

    Ek en my vriendin is al sedert 1982 vriende, ons is best buddies – tot vandag toe het ons hierdie pragtige wonderlike vriendskap, ons bespreek nooit mekaar se geheime met ander nie, al haar geheime is veilig by my, en al myne by haar.

    Klou aan hierdie vriendskap, en staan jou vriendin by in hierdie moeilike tyd, sy het jou so nodig nou. Nee asseblief sy moet nie ooit aborsie oorweeg nie – het jy haar daai mail gewys wat ek destyds vir jou gestuur het! Aborsie is moord!!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2007
M T W T F S S
« May   Sep »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: