Liefde?

Augustus 23, 2007 at 9:16 vm 3 Kommentaar

Liefde, ek kan gaan op soek wat dit is maar gaan dit help om my te oortuig dat liefde wel bestaan?

Hoekom glo ek nie in liefde nie? Ek weet nie ek kan ook nie sê nie mense sê dis omdat ek nog nooit rerig dit ervaar het nie dis hoekom ek nie daarin glo nie. Ek dink ek is so gekant teen liefde want:

Hoekom moet die vrou altyd die werk doen in die huis, ja ek weet dis onse job, maar hoekom kan mans nie ook biekie inspring en help nie hy wil net bier drink en rugby kyk. Ek love mans maar vir my bestaan liefde glad nie ek meen bewys my verkeerd. Is almal nie maar gemaak om te leer wat liefde is en dit te ervaar nie.

Laat weet biekie wat maak jou knieë lam, wat laat die skoenlappers in jou maag draai. Wat doen jou geliefde dat jy net nie die smile van jou bakkies kan afvee nie???

Bosparra ek is verslaaf aan jou Poen en Dolf stories kan jy die nie maar tweekeer ‘n week plaas nie.🙂 😀

More plaas ek ‘n dagboek inskrywing wat ek nog in my skooljare geskryf het, dis nogal skreeusnaaks.

Liefde
R

“Kind words can be short and easy to speak, but their echoes are truly endless.”
~ Mother Theresa ~

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Lewe Weerstand

3 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Augustus 23, 2007 om 10:14 vm

    My dierbare liewe vriendin, ek glo ook nie meer in die liefde nie. Dit bestaan net in boeke, in mooi romantiese flieks. Het al seker maar al te seer gekry. Ek het gister besluit: Lig op jou kop, kyk die lewe vierkant in die oè, sien jy daai lig daar in daai lang donker tonnel, hy skyn vir jou, sodat jy jou pad daar kan uit kry!! Ek is darem so half pad uit, die lig raak nou net skerper en meer intens. Dankie vir jou mooi woorde mensie, dit word opreg waardeer. Die son skyn vir ons almal – nie net vir sekere mense nie!!

    Lekker dag verder.

    Reply
  • 2. neykie  |  Augustus 23, 2007 om 12:14 nm

    Sharks,

    ‘n bybelversie wat my baie na aan die hart lê is Psalm 23

    ” Die Here is my herder,
    Ek kom niks kort nie.
    Hy laat my in groen wievelde rus.
    Hy bring my by waters
    waar daar vrede is.
    Hy gee my nuwe krag”

    Die liggie in die tonnel is ‘n teken dat jy uit hierdie seerkry sal op kan staan en weet iemand is daar om jou hand te vat en jou te verseker dat hulle vir jou omgee.

    Ek dink ons ou blog gemeenskappie staan ook bymekaar in moeilike tye. Dis wat dit so lekker maak jy kan maar jou ou maskertjie afhaal en al jou seerkry met ons deel. Mens voel sommer net tien ton beter as jy weet erens gee iemand om vir jou.

    Baie Liefde
    R

    Reply
  • 3. Platkuif  |  Augustus 25, 2007 om 1:52 nm

    middag!

    bly om te hoor jy geniet vir Poen…daar is ‘n bietjie Poen in ons almal🙂

    sterkte met jou blog…sal gereeld kom inloer…
    p

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2007
M T W T F S S
« May   Sep »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: