Dankie

Augustus 22, 2007 at 11:48 vm 1 comment

Baie dankie vir almal se verwelkoming. Ek het dit nie stil gehou nie ek wou net nie julle smeek om tog my blog te gaan kyk nie …….

Julle weet My pa en suster se verhouding…….

Ek skat dit was nooit wat dit moes wees nie. Ek het my pa kleintyd gevrees ek was bang vir 5uur want dan kom hy huis toe. Maar toe ek groter word het dit gekwyn ek het besef die man wat elke aand huis toe kom is my pa en hy sorg vir my en hy is baie lief vir my. Ek gaan my self nie goed praat nie. Ek was die dogter wat eintlik ‘n seun moes gewees het – ek hou van al die dinge wavan seuntjies hou, kleintyd het ek saam my nefies karretjies gespeel en al die seun dinge gedoen ek was die tomboy en is vandag nog steeds ek is vreeslik braaf om al die stoute dinge te doen wat eintlik maar ook gevaarlik is.

Ek was eintlik die stil een in die huis ek sê nooit hoe ek voel nie, want vir my is dit beter so. My suster was weer die rebelse een , moes altyd teen my pa en ma veg oor alles. Ek dink van af ons tiener jare het dit al gewys my pa en suster kom nie goed oor die weg nie, maar die draadjie is op die aand geknip. Waar begin mens om jou pa te oorreed dat dit is sy dogter en kleinseun. More kan te laat wees, wat as jy nooit ‘n kans kry om dinge reg te maak nie gaan jy vir altyd jouself blameer?

 Ek en my suster het nogal onlangs ‘n “fight” gehad daaroor. Ek plaas hiermee die brief wat ek aan haar gestuur het:

Sussa

Ek kan jou try ek explaine hoe ek dit sien. En ek weet ek is nie die witbroodjie nie, maar daai groot man het net so groot klein sagte hartjie ook. Dis hy wat ons opgevoed het en grootgemaak het vir wie ons vandag is. Ons kan stry en stry maar ons altwee weet ons is BLERRIE dankbaar vir die lewenslesse wat hy ons geleer het. “Ek weet soms voel dit of mens nie kan aangaan nie, maar daar sal altyd iemand wees wat jou hand sal vat en die pad saam jou sal loop al dink jy nie so nie” Ek sê nou nog net eenkeer ek se nie dis jou skuld nie-en jy kan nou maar kwaad wees vir my- maar die manier waarop jy “probeer” vrede maak dink jy dis die regte manier???? Komaan wees eerlik met jou self, gaan ‘n hallo al die dinge ongedaan maak?? Ons gaan altyd stry oor dit want ek sien dit so en jy sien dit anderste”maar that’s life” and I will live withit. Ek weet nie presies wat se woorde tussen jou en pa gesê is daai aand oor die foon nie- maar ek weet verseker julle het woorde laat val wat ongesê kon gebly het. Tyd heel wonde- maar watse getal is tyd? Partykeer wonder ek wat sal deur my gedagtes gaan(waaraan sal ek dink) as ek oud is(outehuis se stoep sit). Sal ek tevrede wees met hoe ek my lewe gelewe? Wat sou jou antwoord wees 100% sonder ‘n minuut se huiwering. Pa, ja hy is ‘n harde mens, ons het hom soos die dood gevrees, maar vir wat was ons bang? Dit het ons die mense gemaak wat ons vandag is. Oky so dinge gaan nie reg kom nie hang af waste drastiese stappe jy gaan neem om dinge reg te stel? Ek se net weer ek blameer niemand nie maar dis moeilik vir ons almal nie net vir jou nie. Daar vloei net so dik straal Steyn bloed in jou are as in myne. Onthou net altyd EEN ding ek het jou en daai blonde kop seuntjie oneindig lief

Liefde sussa R

Quote for today:
 Time is like a river
 You cannot touch the same water Twice,
 because the flow that has passed will never pass again
 Enjoy every moment of life……
 
 Liefde R

Entry filed under: Hartseer. Tags: .

Het jy tyd? Lewe

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Platkuif  |  Augustus 22, 2007 om 5:08 nm

    hi!

    welkom en sterkte hier in die kuber ruim…hier is JY baas en doen jy JOU ding

    lekker dag
    p

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2007
M T W T F S S
« May   Sep »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: