Storie vir vandag

Augustus 21, 2007 at 7:17 vm 2 Kommentaar

Storie vir vandag

Ek begin by 11 Oktober 2005 om 6:10 am word ‘n seuntjie van 3.6 kg en 52cm in die wereld gebring. Die eerste sein dat hy met ons is, is ‘n skreeutjie toe die dokkie hom op die boud ‘n klappie gee.

Hy word geregistreer as Tristen Robert Rheeder.

Hy is die seun van Charmaine Steyn en Drew Rheeder. Hulle het hulle huweliksbeloftes afgelê op 13 Oktober 2006.

Tyd vlieg verby, al wat hy in onse lewens bring is geluk en liefde. Sy Ouma (Alta Steyn-my ma) is dagmoeder en kyk na hom. Elke liewe oggend vandat mamma weer moes begin werk het het ouma sesuur op gestaan om hom te gaan haal(hulle het niks vervoer nie) en sesuur in die aand hom terug gevat. Tot een aand ek dink Tristen was so 6maande oud, my ma laai om af en Charmaine se hulle het besluit om Tristen na ‘n kleuterskool te stuur. Die selfde aand het daar harde woorde geval tussen Charmaine en my Pa. Sodoende dat my Pa haar heeltemal afgeskryf onterf.

So loop die tyd en my suster doen geensins enige moeite om vrede te maak nie. (nou as jy iets wat gebeur het laat gis sal jy nooit in jou lewe weer dinge kan regstel nie maak reg wat jy nou verbrou het want daar mag dalk more iets gebeur en jy het nie die persoon onverskoning gaan vra nie).

So ja Tristen was toe so 9maande toe vra Charmaine my kan ek hom in die oggend oplaai en af gaan laai by die kleuterskool en middag weer dieselfde en ek moet dan na hom kyk van 4uur totdat sy na half 8 by die huis kom. Sy betaal my R400. Sy het ‘n werk in Sandton gekry. ( Nou kyk ek was in trane want hoekom wil jy weg werk vir meer geld maar jy sien jou kind nooit nie? Kan genoeg geld vir jou en jou kind liefde koop en tyd?)

So begin ek met die storie dis ‘n droom ek voel soos ‘n nuut gevinde mamma vir Tristen ek doen alles vir hom, niks is ooit te veel nie. Hy is my hart se punt.

Einde Maart 2007 kom ek by die huis weereens later as half 8, sy moes toe laat werk. My pa vra my wil ek nie maar daar gaan bly by haar nie siende date k nie eers meer ‘n eie lewe het nie. Ons besluit dat ek tot einde Mei nog na tristen sal kyk want ek het gee sosiale lewe nie. Ek praat met my suster en sy is toe heel fine daar mee.

Nou op skool was ek en my suster nooit rerig sussies nie ons was iets soos terloopse kennisse. Na skool kan ek getuig het ons “sussieskap” begin. So ons kon toe eindelik alles met mekaar deel.

Ek sien Tristen dalk eenkeer ‘n week.

Ek het vandag hom amper ‘n maand laas gesien en erens het ons die sussie-closeness verloor. En dit laat my hartseer word want partykeer het ek die intense verlange om met iemand te praat en daar is niemand nie.

Sal jy maak nie saak wat die omstandighede is nie ‘n familielid afskryf????

Ek het nou genoeg gekerm en gehuil ek moet vrede maak.😦

Liefde
Rene

Entry filed under: Hartseer. Tags: .

Nuwe werk??? Het jy tyd?

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Eben  |  Augustus 21, 2007 om 3:18 nm

    Soe (!!!) dis moeilik om kommetaar te gee en mens weet nie die ware storie agter die storie. My eerste kommetaar, hoe was die verhouding tussen jou pappie en suster voor die uitval. Was dit nie maar emosies wat oorgeloop het, en tot uitbarsting gekom het …..

    Wou jou suster nie maar bietjie moeite spaar vir jou mammie om nie so vroeg in die oggende op te staan ….. Ek lees uit jou skrywe dat jou ‘n sagte plekkie het vir Charmaine, maar Tristen, is jou hart se punt. Ai ai ai …. my raad is maar, probeer saggies werk aan jou pappie, die lewe is so kort!

    Wat as daar iets gebeur …… Hou kontak met jou suster, want bloed is dikker as water, vermy gespreke wat daardie aande gebeur het, en gee Tristen baie liefde, hy is in die middel van onmin

    Sterkte

    Eben

    Reply
  • 2. Roer  |  Augustus 26, 2007 om 1:07 nm

    Snaaks dat ek jou stukkie nou raak lees, terwyl ek juis met so bietjie bloed-is-dikker-as-water storie van my eie wroeg… Dis snaaks hoe boeties en sussies wat in dieselfde huis groot geword het, so kan verskil. Persoonlikhede wat verskil kan ek verstaan. Dis tog logies, maar waardes? Ek verstaan dit nie aldag nie.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2007
M T W T F S S
« May   Sep »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,007 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 1 day ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 1 day ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 1 day ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: