Posts filed under ‘Alles en nog wat’

Kersfees koek resep

Dis nog nie Kersfees nie, maar hier is solank ‘n resep.
MET DIE SEISOEN WAT WEER AMPER OP ONS IS, MOET ONS BEGIN DINK DAARAAN OM TE BAK!!
HIER IS DIE MAKLIKSTE RESEP OOIT !!!
KERSKOEK
Bestanddele:
-=-=-=-=-=-
1 koppie water
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 koppie bruinsuiker
Suurlemoensap
4 groot eiers
Neute
1 bottel brandewyn
2 koppies droëvrugte
Metode:
-=-=-=-=-=-
Proe die brandewyn om gehalte te toets. Neem ‘n groot mengbak en proe weer die
brandewyn. Maak seker dis die beste gehalte, skink een koppie vol en drink dit.
Herhaal. Skakel die menger aan. Klits een koppie botter in ‘n donsige bak.
Voeg ‘n teelepel suiker by. Klits weer. Maak seker die brandewyn is sjteeds
goed. Drink nog ‘n koppie ….. vir die wis en die onwis. Skakel die menger
af. Breek twee uiers, gooi dit en die droëvrugte by. Tel die vrugte van
die vloer af op. Meng die skakelaar aan. As die droëvrugte in die menger
vassjit, sjkroewedraaier dit losj. Proe die brandewyn vir gifterigheid. Sif
nou twee koppies sout. Of so iets. Wie gee om?? Proe die brandewyn. Sif die
suurlemoensap, dreineer die neute en gooi ‘n tafel by. Dan ‘n lepel
sjuiker, of sjo ietsj. Wat jy ook al kan kry. Sjmeer die oond. Draai die
koekpan 360° en moenie val nie. Menger die afskakel. Gooie die bak deurrie
venster enne drunkie laasjte brandewyn op. Gekersde Seënfees!!! .

November 7, 2007 at 9:54 vm 2 Kommentaar

Wense vir vandag

44.jpgMag die wind die fyngeur van blomme by jou huisie inwaai

57978.jpgMag jy ‘n blaaskansie kry om jou oë te sluit en dankie te sê vir alles wat jy wel het

geddes240.jpgMag jy die kindwees in jou herontdek en weer glo in dinge soos feetjies

large.jpgMag jou skoen sole dik wees sodat jy die pad makliker kan loop

geddes209.jpgMag die engeltjies jou beskerm waar ook jy mag gaan

geddes589.jpgMag die dwergies wat ek hier op jou stoep gelos het vir jou ‘n stywe drukkie gee

feetjie-cake.jpgMag die soetdingetjie jou laat vergeet-vir nou- van al jou probleme

geddes179.jpgMag my skouer breed genoeg wees vir jou-ek is hier….

geddes48.jpgMag alles in die weie wêreld nie gee dat ek ooit moeg raak vir jou nie, en dat jy altyd sal weet, ek is hier al kan ek nie fisies help nie. Gebede en gedagtes is by jou in elke moontlike situasie.

~Leef voluit, dans asof niemand kyk nie, sing asof niemand hoor nie, wees lief asof  niemand jou seergemaak het nie & leef asof Hemel op aarde is!!!~

November 6, 2007 at 12:50 nm 2 Kommentaar

Het Geluk perke?

Vir een oomblik in my lewe wonder ek of “too much of a good thing will turn bad after a while”…… iets is wat wel waar is? Want hoe kan mens alles in die werêld besit en jou hart is nog koud teen oor dit wat eintlik saak maak Liefde?  Kan jy op 20jarige ouderdom voel dat jy jou soul mate ontmoet het en dat jy elke sekonde by hom wil wees, en vir eens in my lewe voel jy de hel met wat jou ouers van hom dink, dis jou geluk wat tel reg?

Erens in jou agterkop bêre jy dat jy eendag gehoor het, hoe hy terwyl hy saam sy ex was by ander meisies gaan kuier het? Hy belowe jou die son maan en sterre, maar hoe kan jy vertrou as sy suster tog nie vir jou sal jok oor dit nie? Genade my wat moet ek doen, alles voel net so reg. Hy sê self hy het gebid vir ‘n uitkom kans uit sy vorige verhouding en toe stap ek in sy lewe in. Moet ek vertrou en bid vir geen seerkry nie? Die hemel weet hoe Lief ek vir hom kon word in ‘n bestek van 3weke………..

goeie dinge
gaan tot niet
in gister
se trane
lê môre
ons verstaan
almal se
seerkry
sal verskiet
vir nou
sal ons bly
net te kan
sien wat
vir ons
wag op die
einde van die reënboog
reenboog.jpg

“May the road rise to meet you,
May the wind be always at your back,
May the sun shine warm upon your face,
The rains fall soft upon your fields,
And until we meet again,
May God hold you
In the palm of his hand.”

November 5, 2007 at 10:10 vm 7 Kommentaar

Waarmaker

More,

 Gister toe veras Wikus my met Waarmaker Steve Hofmeyr se nuwe CD. En ek moet vir Steve krediet met hierdie CD dit is die beste,  My favourite sover is:

 Sê nou; Laaste Rondte; Daai blerrie droom; Hermanus; God se Bedelaar en Donkie song….. genade my ek maak almal al mal want die cd speel nou aanhoudend.  As jy hom nog nie het nie gaan koop hom of kry iemand wat hom vir jou sal koop, skimpe sal dalk ook werk.  :lol:

En laat ek nou een ding sê uncensored dat as ek maar net daai suigstokkie kon wees

suigstokkie

Wat lees jy nog hier? Gaan koop die CD my magtig……

Geniet julle dag
Liefde
René

November 1, 2007 at 9:35 vm 7 Kommentaar

Forget

Forget about the days when its been cloudy,
but don’t forget your hours in the sun

Forget about the times you’ve been defeated.
but don’t forget the victories you’ve won

Forget about mistakes that you can’t  change now,
but don’t forget lessons that you’ve learnt

Forget about misfortunes you encounter,
but don’t forget the times your luck has turned

Forget about the days when you’ve been lonely,
but don’t forget the friendly smiles you’ve seen

Forget about the plans that didn’t seem to work out right,
but don’t forget to ALways Have A Dream!!!!!

Oktober 31, 2007 at 3:33 nm Lewer kommentaar

Hel is dit dinsdag? Hoe was jou naweek? Cheethas

Heyo mensies,

genade maar erens het ek maandag gemis hoor! dinge tussen my en Wikus skop wilder as ‘n wilde bees, maar ek kla nie al wat ek weet is ek is gelukkig and i hope this feeling last forever. Gister het Wikus gesê dat hy weet ek is DIE EEN….. wat my nogal laat wonder. Waarom moet al die mans in my lewe so vinnig beweeg, wat het geword van vat ‘n verhouding stadig en kyk waarheen dit lei, mens kan mos nog steeds ernstig wees maar hel tog “please don’t kill the right now moment” help dit om in die toekoms te lewe? Wat gaan jy daar deur bereik, kan iets wat sou gewees het dalk opgeneuk word deur ongewenste se goete wat jy kwytraak?? Sou jy nie ook “gepressure” voel as die ander persoon sulke hoë verwagtinge van julle nog so jonk verhouding het nie.?

Cheethas het gewen geluk!!!!! ek het eerder vir die Lions geskreeu….

Hey hoe lyk jou week so ver?

The more you find out about the world, the more opportunities there are to laugh at it

Oktober 30, 2007 at 1:10 nm 1 comment

Sê jy genoeg Dankie

Jy is die blom in my lewe wat als laat lekker ruik.
Jy is die engel in my lewe wat my weer beter laat
voel in moeilike tye.

Baie dankie vir jou vriendskap.

Ek kan net DANKIE sè vir die voetspore wat jy in my lewe trap.
Soms as die donker wolke saampak, dan dra jou boodskappe my!
Baie dankie vir jou vriendskap!!


 

Party keer moet jy die spesiale persoon wat jou bystaan maak nie saak wat nie, net laat onthou dat jy dit waardeer komaan, tik daai boodskap en stuur dit aan jou vriendin.


 

Geniet die res van julle Donderdag
René

Oktober 25, 2007 at 3:53 nm Lewer kommentaar

Older Posts Newer Posts


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
September 2014
M D W D V S S
« Aug    
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 177,039 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • When it comes to choosing friends Quality > Quantity 6 hours ago
  • RT @princesspiamia: People are always telling others how to act & how to be real, when really they should be saying that to themselves. 8 hours ago
  • Ignore the ones who talk behind your back. They belong behind you 8 hours ago
  • In the end, only three things matter: how much you loved, how well you lived and how gracefully you let go of things not meant for you. 10 hours ago
  • Different is attractive. 12 hours ago

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.