Archive for April 19, 2009

Ek is alleen

Baie dinge pla my die af gelope tyd. En nou die aand het ek begin skryf sommer aan alles, dit lyk al soos n boek….. My liefie is weg vir twee dae kom woensdag terug en gaan dan wee donderdag weg… Ek verlang al klaar, is dit normaal?


My beste vriendin, Meermin jy sal weet die ene wat daai tyd aborsie wou gedoen het, sy is nou al so jaar en paar maande getroud die seuntjie is die oulikste dingetjie, sy het n affair met ene of ane skobbejak wat sy op mxit ontmoet het.  Sy jok nou al so vir haar man dat ek by die jokkery betrokke is, as sy vir K gaan kuier dan se vir vir M sy en ek gaan koffie drink. Die afgelope naweek is sy saam K weg na een of ane troue, en het vir M gese ek en sy is harties toe, my pa het vir ons n naweek by n spa geboek.  Ek voel as M gaan uit vind van die affair gaan hy my kwalik neem, omdat sy my naam gebruik en ek van dit geweet het en hom nooit gese het nie. Ek voel sy maak nie reg nie, sy bly uit plig by M, sy wil hom eers help om hulle skuld kla te betaal.  Sy werk nie eers nie sy bly by die huis en maak seun groot.


Ek weet nie, ek is nie iemand wat maklik praat nie, en ek se ook baie min nee. Hoe sit ek dit stop dat sy my naam nie gebruik nie?


Ek het n tydelike werk gekry, vir twee weke. Van dinsdag af. Dis darem iets en ekstra sente in die beursie. My liefie is weg vir die week, gaan op n kursus, die werk stuur hom en hy moet dan n 6maande kontrak teken.  As hy nie sou deurkom nie, moet hy betaal as hy weer wil gaan skryf. En sy uurlikse rate word verdubbele. So ek hou duim vas dat dit gebeur, dis erge wiskunde.


P.S Wippie, ek is verslaaf aan iets baie verslaafbaar, ek kry ontrekkingsimptome en het kort-asem.  Wat is die kuur? Aan wat is jy verslaaf



Glitter Words
[Glitterfy.com - *Glitter Words*]

Glitter Words

April 19, 2009 at 5:51 nm 3 Kommentaar


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

 

April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Recent Posts

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 106,436 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • Happy Memorial Day, Thankful For The People Who Serve Our Country. 50 minutes ago
  • Let ur dreams stay bigger than ur fears, And ur actions louder than ur words. 9 hours ago
  • Old enough to know better, Young enough to do it anyway... #YOLO 10 hours ago
  • You can be careful in choosing your words, But they end up always getting twisted and manipulated by others. 12 hours ago
  • Follow your dreams, But you gotta have fun too. 14 hours ago

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.