Gedigte en die naweek

Maart 30, 2009

As die winde huilend skreeu en die druppels op my stoep neerplons

as gister se onthou my hart oopruk en jou gesig op my foto geel verouderd in houtraam staan en beswyk

as jeugliefde jou soms stom verbaas agterlaat en voetspore ewig ingeets op die hart se mure

as ou spoke jou teister en jou dade van gister jou volg

as wat die hout eenvoudig geword het die vlamme van jou geheue spat vonke in jou binneste


jou woorde bloed vlekke agterlaat
jou nabyheid my dra
jou gesig gestorwe teen seerkry
jou aanslae na my skiet
jou eelt gewerkte hande my gesig
in die na nag streel
en my kelkende hande die
trane druppend van jou wang vasvang

Ek wens ek het woorde gehad om te beskryf hoe ek voel. Die afgelope tyd het baie dinge gebeur wat my kop laat sing, ek weet net nie meer watse kant toe nie, en dan is ek nog werkloos ook, maar het darem al n hele paar interviews op geline ensovoorts.  Verder was my naweek lekker, my liefie was by die huis het nie weer gewerk nie, so ons het baie gepraat en dinge saam gedoen, en vir ‘n wonder nie baklei nie. Ek het liefie uit geneem vir ete en ons het Saterdag aand gaan fliek, en gister dvd’s uitgeneem en net gerus.  Ek hoop julle naweek was lekker.

ek en liefie

ek en liefie

Geniet die week

bee-utiful_week

Entry Filed under: Alles en nog wat, Gedigte. .

2 Comments Add your own

  • 1. Wipneus  |  Maart 30, 2009 at 9:59 vm

    Hello Neyks

    Ek is bly jy het ‘n lekker naweek gehad.

    Jy en die liefie maak ‘n mooi paartjie!

    Lekker week, gaan groooooot :lol:

    Reply
  • 2. Pikkelik  |  April 7, 2009 at 11:36 vm

    Ai, jou gedigte is sooo mooi! Daardie foto is rerig mooi! Sterkte en lekker week!
    ps… Ek hou duim vas vir jou onderhoude…

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

 

Maart 2009
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Recent Posts

Gister se dinge

Blogroll

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

Snuffel kyk

who's online

Bladsye

Meta

Twitter Updates