Archive for Maart, 2009

Gedigte en die naweek

As die winde huilend skreeu en die druppels op my stoep neerplons

as gister se onthou my hart oopruk en jou gesig op my foto geel verouderd in houtraam staan en beswyk

as jeugliefde jou soms stom verbaas agterlaat en voetspore ewig ingeets op die hart se mure

as ou spoke jou teister en jou dade van gister jou volg

as wat die hout eenvoudig geword het die vlamme van jou geheue spat vonke in jou binneste


jou woorde bloed vlekke agterlaat
jou nabyheid my dra
jou gesig gestorwe teen seerkry
jou aanslae na my skiet
jou eelt gewerkte hande my gesig
in die na nag streel
en my kelkende hande die
trane druppend van jou wang vasvang

Ek wens ek het woorde gehad om te beskryf hoe ek voel. Die afgelope tyd het baie dinge gebeur wat my kop laat sing, ek weet net nie meer watse kant toe nie, en dan is ek nog werkloos ook, maar het darem al n hele paar interviews op geline ensovoorts.  Verder was my naweek lekker, my liefie was by die huis het nie weer gewerk nie, so ons het baie gepraat en dinge saam gedoen, en vir ‘n wonder nie baklei nie. Ek het liefie uit geneem vir ete en ons het Saterdag aand gaan fliek, en gister dvd’s uitgeneem en net gerus.  Ek hoop julle naweek was lekker.

ek en liefie

ek en liefie

Geniet die week

bee-utiful_week

Maart 30, 2009 at 9:47 vm 2 Kommentaar

26 LEWENSFEITE VIR VROUE – MARETHA MAARTENS:

1. Die ego van ‘n trouman is so dun soos ‘n membraan. Bly weg van ‘n man met ‘n ego wat nog dunner is. Telkens wanneer die pieperige ego’tjie skeur, gaan die eienaar jou verantwoordelik hou vir lyding en verlies aan lewensgehalte.

2. Moenie oorhaastig verloof raak of trou nie. As dit ewige liefde is gaan hy nie toelaat dat iemand anders hom binne die volgende ses maande opraap, ontvoer of blywend betower nie.

3. Vroue wat nie trou nie, het hul redes. Gelukkig vir die mansgeslag is die vrouens te diskreet om dit aan die hele wereld bekend te maak.

4. Wanneer aanneemkinders op hulle aanneemouers se harte trap, is dit nie omdat hulle aanneemkinders is nie, dit is omdat hulle kinders is.

5. Jou bejaarde ouers se harte is so broos en breekbaar soos hulle heupe.

6. Jou getroude dogter (en skoondogter!) se skokkende kaste, vaal kastrolle, harde kussings, kunsveselkomberse, kitcherige skilderytjies en taai ketel is reg net soos dit is.

7. Soms is dit net een van daardie dinge!

8. Jy hoef nie alles by te woon, te sluk, te onthou, te ondersteun, te besit, te weet of alleen te hanteer nie.

9. Jou gewig is reg solank jou regterbobeen nie jou linkerbobeen rou skaaf nie.

10. Wat jy nou beleef, gaan ook verby.

11. Die geveg teen oud word is interessant, maar in aanvaarding lê ‘n skat van vrede opgesluit.

12. Wanneer ons ophou om mooi aan te trek en net in sweetpakke en oorgroot T-hemde rondloop, jok ons wanneer ons sê: “Ek voel gemaklik so.” Wat ons eintlik sê is “Ek voel ongemaklik oor myself.”

13. God gee om.

14. Die ouer wat ‘n obsessie ontwikkel oor een talent in haar kind se lewe, kom selde agter hoeveel potensiële vriende haar kind verloor.

15. 95% van kinders op wie daar druk van hierdie aard geplaas word, gooi daardie talent na skool weg en vind terselftertyd dat hulle die kuns om hulself deel van ‘n groep te maak, nie op 20 eers kan aanleer nie.

16. Egskeiding is nie ‘n onvergeetlike sonde nie, maar dis ‘n haaiaanvaal op kinders.

17. Seks is veronderstel om lekker te wees.

18. Die saad van die allerverskriklikste sondes lê onder die sand van elkeen van ons begrawe. Dit wag net vir die regte omstandighede om te ontkiem.

19. Was daar nie onverdiende genade nie, was dit ek.

20. Maak meer en meer sagte plekke in jou hart vir meer en meer mense.

21. Kinders het hulle ouers se ore nodig.

22. Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou lewe.

23. Die lewe is hard. Mans soek sagtheid.

24. ‘n Vrou moet nie te toegeeflik, te afhanklik, te praterig, te stil, te onafhanklik, te agterdogtig, te goedgelowig, of te haastig wees nie. ‘n Vrou het styl wanneer sy begrypend-menslik-uitreikend-belangstellend-sterk-nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie-goedgesind-onversteurbaar-kalm leef en optree.

25. Om net te wil hê is kinderagtig.

26. As jy ‘n kat of hond het, gaan jy ontdek dat hy kan praat.

MARETHA MAARTENS
laugh
life

Maart 25, 2009 at 11:30 vm 3 Kommentaar

Net sommer n ietsie…



Sometimes in life,

You find a special friend;

Someone who changes your life
Just by being part of it.

Someone who makes you laugh
Until you can’t stop;

Someone who makes you believe
That there really is good in the world.

Someone who convinces you
That there really is an unlocked door
Just waiting for you to open it.

This is Forever Friendship.

This is the sacred RED
ROSE.


Hierdie gekry per -email, geniet julle dag ek sal later lekker baie nuus kom vertel en so paar gediggies opsit.

letisha-large

HAVE A LOVELY DAY

Maart 24, 2009 at 1:09 nm 2 Kommentaar

Waar mens vrede maak

 

As jy al baie seer gekry het, mense wat jou verraai, en onvoorsienbare dinge wat gebeur.  Jy as mens moet jou self kan vergewe voor jy onvergifnis gaan vra, jy moet vrede maak daarmee, dat  alles nie altyd volgens jou drome gaan loop nie.

 

Soms se God ook vir jou nee wanneer jy Hom ernstig smeek om ‘n stuk swaarkry uit jou eie lewe te weer.  Maar God se nee is altyd tot die beswil van sy kinders.  Ook in jou lewe mag God dinge toelaat wat teen sy wil gaan, dinge soos seerkry en swaarkry, smart en lyding, sodat jy sal ontdek dat jy nie die mas sonder Hom kan opkom nie. Lyding bring ‘n mens altyd nader aan God, omdat dit jou laat besef presies hoe nodig jy Hom het.  As God dus weer nee sê vir jou gebede, weet dat hierdie nee-antwoord jou nader aan Hom wil bring, sodat Hy in jou lewe die dinge kan vermag wat Hy liefhet.

Vader, dankie dat U in my lewe die dinge wat u haar toelaat, sodat die dinge wat U liefhet sal kan realiseer.

 

Vrydag het ek my hare so biekie gaan sny en weer die grys laat wegsteek, en ek dink nogal dit lyk nie te sleg nie, en die komplimente wat ek gekry het, het my mood biekie gelig na die slegte nuus wat ek gekry het.  maar atleast het ek n paar mense wat omgee en my altyd bystaan, maak nie saak wat nie.

 

Geniet die res van sondag

Maart 15, 2009 at 1:31 nm 5 Kommentaar

Dit wat die verskil maak

Hoe oordeel mens as jy self nie seker is wat om te oordeel nie?

Hoe vertel mens daardie iemand, om jou raak te sien?

Hoe maak mens as jy hartseer raak, en dan die kwaad voel opborrel?

Hoe praat mens as die seer net te veel is?

Hoe?

Ek wou dit nie hoor nie, ek wou dit nie sien nie, dan was my hart dalk nie so seer vanaand nie.  Ek het lankal vergeet van die seer daai dag wat my emosies uit geborrel het en ek dit op die blog uit geblaker het.  Maar eendag sal ek verstaan se iemand vir my.

Geniet julle naweek

Psalms 117

LOOF die Here, alle nasies! Prys Hom, alle volke!  Want aan sy goedertierenheid is geweldig oor ons en die trou van die Here is tot in ewigheid.  Halleluja!

Maart 12, 2009 at 8:39 nm 1 comment

Goeie dinge wat mens bly doen

Al probeer mens hoe hard om goeie dinge te bly doen en goed te wees vir ander mense, jy sien gewoonlik hoe hulle dit waardeer.  En soms sien mens dit net vinniger en ek is of te sensitief daar oor want ek doen goed en een skewe woord laat my besef ek het dalk te ver gegaan hom hulle te help.

My hart is van voor af seer, sommer oor alles en dinge wat onlang gebeur het.  maar ek moet myself deur dit kry en die trane keer. maar dit sal weer oky gaan.

Ek is van more af  op n kursus vir 2 dae en vrydag ook so geniet die res van die week en julle moet ”n Fabolous naweek he.

100_0864100_0871
ek mis die plaas- die stilte en alles

Maart 10, 2009 at 5:56 nm 1 comment

Handsakke en inhoud tag

hier is my huiswerk meermin soos gevra

090306_093430

090306_091956

Inhoud van my handsak

090306_092028

my beursie met bankkaart en n bybelversie-Ek het gekom sodat hulle lewe kan he, ja, om dit oorvloedig te he.” Johannes 10:10

090306_0920501

My dapsoon pille wat keer dat ek blasies kry en saam dit moet ek Vitamin C drink

lg-ks360-2

My selfoon ( die prentjie is van die internet afgetrek omdat ek nie my selfoon met my selfoon kan afneem nie)  hehe

a000winny_pooh_

everyone_busy

Ek voel asof ek hierdie heel naweek kan omslaap, is dit net ek of het hierdie week verby gevlieg?  Ek gaan in die bed bly dvd’s uitneem en rustig wees hoe sal wipneus se my muse vind …..

Geniet julle naweek

w0310

p.s Roer hardloop jou hart uit die naweek

Maart 6, 2009 at 9:58 vm 1 comment


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

 

Maart 2009
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Recent Posts

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 106,436 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • Happy Memorial Day, Thankful For The People Who Serve Our Country. 50 minutes ago
  • Let ur dreams stay bigger than ur fears, And ur actions louder than ur words. 9 hours ago
  • Old enough to know better, Young enough to do it anyway... #YOLO 10 hours ago
  • You can be careful in choosing your words, But they end up always getting twisted and manipulated by others. 12 hours ago
  • Follow your dreams, But you gotta have fun too. 14 hours ago

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.