Archive for Julie 30th, 2008
’n Klein kombersie
Ek is weer oor my ore toe in die werk, hardloop rond soos ‘n afkop hoendertjie. Vat net hier en daar grond. Ek wens dis al naweek.
Kat & muis
in drome
al soekend
na mekaar
die vuur
wat brand
hier binne
eendag in
‘n ander
leeftyd
mekaar vind
as jy ‘n kat is
en ek die muis
jy my sal
kry
en my
lewendig verslind
‘n Klein kombersie
Die lewe is soos ‘n kombers wat te klein is…
Trek jy jou skouers toe, is jou voete oop -
Trek jy jou voete toe, is jou skouers oop -
Gelukkig vir ons wat geleer het om ons knieë te buig…
Want met gebed is jy van kop tot tone toe…
En is daar nog plek vir almal vir wie jy omgee!!
“Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie”(Spr 24:17).
Ek sal maar kyk om in etenstyd by die anderblogs uit te kom. Geniet die dag
5 comments Julie 30, 2008

























