Archive for Julie, 2008

Pot vol goud

Ek wil sê
ek onthou
die waarheid
is ek
kan geen
mooi ding
van ons
saamwees
onthou
dan huiwer
die antwoord
op jou
lippe

Ek het soos gister oggend nie ‘n koekin clue hoe ek by die werk gekom het nie, so ek kon dood opgeeindig het. Omdat ek nie op die pad konsentreer nie.

~Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul. Julle moet dit as herinneringsteken vasbind aan julle hande en dit moet ñ merk op jul voorkoppe wees. ~ Deuteronomium 11 : 18 ~

Elke vrou kan nie beeldskoon wees nie, maar elke vrou kan goed versorg, vrolik en vriendelik wees. Werklike mooi vroue is ook mooi van binne en diè soort vrou word net mooier soos die jare aanstap.

As ons deur die moeilike tye bly glo en vertrou dat Jesus vir ons sal sorg, dat hy ons nooit sal agterlaat en krupeer nie.  Sal ons op die ou einde van die dag ook ons potjie goud vind.

As ons twyfel in Jesus se wee dan gaan dit wat rerig van nood is deur ons vingers glip.  Elke druppel wat na ons kant toe kom moet ons dankie voor sê.  Hoekom worry ons so oor kleinlike dinge.  Hoekom het geld ons “afgod” geword.  Of dan nou net vir party mense.

Ek het nou die dag daar aan gedink,  En dit nogal teenoor iemand geuiter wat saam my gestem het.  Ek is liewer saam jou en arm en het die wereld se liefde as wat ek ryk en beroemd en mag het en geen liefde besit nie.

Saam jou sal ek die winde van voor af geniet

Saam jou sal ek in vodde rondloop met Jesus in my hart

Saam jou sal ek die moeilike tye deur gaan om die gelukkiges te kan beleef

Saam jou sal ek in die aand in die bed lê in warmte

net omdat ek weet jy sal my toe vou in jou arms.

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.   Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.  ( 1 Korinthiërs vers 1&2)


glitter-graphics.com

3 comments Julie 31, 2008

’n Klein kombersie

Ek is weer oor my ore toe in die werk, hardloop rond soos ‘n afkop hoendertjie.  Vat net hier en daar grond.  Ek wens dis al naweek.

Kat & muis

in drome
al soekend
na mekaar

die vuur
wat brand
hier binne

eendag in
‘n ander
leeftyd

mekaar vind
as jy ‘n kat is
en ek die muis

jy my sal
kry
en my

lewendig verslind

‘n Klein kombersie

Die lewe is soos ‘n kombers wat te klein is…
Trek jy jou skouers toe, is jou voete oop -
Trek jy jou voete toe, is jou skouers oop -

Gelukkig vir ons wat geleer het om ons knieë te buig…

Want met gebed is jy van kop tot tone toe…

En is daar nog plek vir almal vir wie jy omgee!!

“Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie”(Spr 24:17).

Ek sal maar kyk om in etenstyd by die anderblogs uit te kom.  Geniet die dag

5 comments Julie 30, 2008

Laat ons toe om jou te help….

Ek wens ek kon jou help, maar as jy net wil toelaat dat ek/ons jou help. En ons kan ook nie help as jy nie wil praat nie.

Vir die eerste keer in ‘n lang ruk het ek gevoel, dat ons tog op ‘n manier nader aan mekaar beweeg. Ons kan gesels en lag in ‘n paar minute inpas. In jou woorde merk ek op hoe seer jy het. As jy net kan besef dat whatever jy gedoen het, die Here jou sal vergewe, en as jy net sal praat is daar baie wat ons kan doen. As jy maar net wil…..

Jy weet mense kan jou vashou op ‘n plek oor jy iets gedoen het, dit is emosionele afpersing. Hoe is dit dat jou lewe so skeef geloop het Wikus? Ek oordeel jou nie, en ek sal nooit nie. Ek weet nie wat jy gedoen het wat so bad is dat jy dink jy sal tronk toe gaan as jy die stof van die mense afskud van jou voete nie. En soos ek vir jou gesê het, eendag gaan jy op jou sterfbed lê en besef jy het jou hele lewe deur gelewe sonder ware liefde en opregte geluk.

jy sit my
deur slapelose
nagte
as ek lê
en wonder
hoe
jy nie wil
praat
en jou
vrese
in Sy
hande te
laat

“…huil is deel van die rede om ons harte weer heel te maak” Elizma Theron


Words and music by kris kristofferson

Dont look so sad;
I know its over;
But life goes on and this old world will keep on turning.
Lets just be glad we had some time to spend together
Theres no need to watch the bridges that were bur…..ning.

Chorus:
Lay your head upon my pillow,
Hold your warm and tender body close to mine.
Hear the whisper of the raindrops
Blowing soft against the window
And make believe you love me one more time
For the good times.

Ill get along; youll find another;
And Ill be here if you should find you ever need me.
Dont say a word about tomorrow or forever.
Therell be time enough for sadness when you leave me.


glitter-graphics.com

5 comments Julie 29, 2008

Briefie van Jesus aan Vrou/Man

Hierdie van Wipneus gekry per email:

Jesus skryf hierdie brief vandag vir JOU!

(Spesiaal vir jou vandag en al die môres wat voorlê, Sterkte)

Liewe Vrou/Man

Ek het jou lief net soos jy is.
Kom na my toe en vertel my van al jou
vrouwees-stoei, jou besigwees en al die eise wat jou lewe soms
onmoontlik maak..
Praat maar met My. Ek luister en verstaan.
Jy is vir My kosbaar.
Daarom wil Ek jou graag vertel hoe lyk die beste
weivelde vir jou. (Nie dit wat die wêreld van jou verwag nie.)
Ek sal jou help swem in jou stroomversnellende lewe..
jou selfs lei na vredevolle waters.
Want Ek weet hoe moeg jy is.
Daarom sal Ek elke dag vir jou ‘n
nuwe stuk krag gee vir die dag..
Leef maar net 24uur op ‘n slag.

Môre sal Ek jou weer versterk.
Boonop sal Ek jou help om die regte paaie te loop.
Jy hoef nie jou lewe alleen te kompas nie.
Ek is immers die ewige Navigeerder.
Daarom sal Ek jou ook in die donker van jou lewe lei.
Wanneer jy bang en onseker jou weg moet vind of die
lewe vir jou nag voel, is Ek by jou,
langs jou en voor jou. Gee My jou hand dat Ek jou veilig kan lei.
Ek nooi jou ook om jou lewe met My te deel.
Want dan sal jy niks kortkom nie, omdat
Ek in al jou behoeftes sal voorsien. Inteendeel, in
my huis sal Ek jou oorlaai met onbeperkte goedheid en liefde.
Kom na My toe, liewe vrou. Net soos jy is.
Ek wil graag jou Herder wees.
Hemelsliefde en seën.

Jou Vader


glitter-graphics.com


glitter-graphics.com


glitter-graphics.com

Geniet die dag almal.

3 comments Julie 28, 2008

Rus en vrede die naweek…


glitter-graphics.com

jippie dis vrydag…….


glitter-graphics.com

hoop jou naweek is rustig en geniet dit.

hoe sê ek
sonder dat
gister se
woorde oor
my spoel
hoe gee ek
as gister
my vir dood
agter gelaat
het.
As more
my bangmaak
en my
woede in my
opbruis soos
Eno’s

“Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie”(1 Joh 4:18).

7 comments Julie 25, 2008

En toe is dit uit eindelik Donderdag…..

In elke song
hoor ek jou
in fotos beleef ek
jou sensuele liefde
in my herrineringe
onthou ek elke
woord en aksie
in vandag en
more mis
ek jou
in my twyfel
glo ek hoop
is nie beskaam
in ons praatjies
lees ek ‘n ons
In my hart
bloei dit nogsteeds

“Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid” (1 Joh 3:18).

Een liefdevolle daad beteken veel meer as baie preke, maar ons kan ook liefhê deur die woorde wat ons sê. ’n Woord van bemoedi­ging kan ’n uitdrukking van liefde wees. Soms kan ’n woord van waardering ’n bewys van liefde wees. Hierdie woorde versag dalk vir iemand die wrede kritiek wat hy of sy moes aanhoor.

Lekker dag verder.

7 comments Julie 24, 2008

Haat kan mens biekie biekie doodmaak…..

Ek worstel met iets en dalk is dit nie eers so groot “deal” nie.

Drome:

watter invloed het drome op ons lewe en hoe beheer dit ons brein, is dit omdat ons soms te veel aan een ding dink en dan daar oor drome.
Nagmerries was nog nooit myne nie.

drome waar
ek in velde
wandel
die soet reuk
van kosmosse
wat my aan
die neus rondlei

drome waar
ek nog ek was
en ons nog ons
was

drome waar ek
val, val, val
en jy my weer sou
optel
omdat jy weet
van my seer

drome wat vervang
is
as ek wakker skrik
die bloed aan my hande
wat soos reendruppels
oor my vel vloei

drome van haat
en die kwaad
wat broei
en volmaak groei
sal dit maak

die drome
wat strome loop
oor my vel
in my kop

ek as banneling
vreemdeling
vir myself

 

Op hierdie liedjie af gekom op jou tube, Nicholis Louw se nuwe liedjie: en dis so die waarheid.

10 comments Julie 23, 2008

‘n stukkend hart vat langer om te genees,veral as iemand heeltyd met die mes gereed staan om weer toe te sak.

my hart is net ‘n spier
wat klop hier in my willose liggaam
ek wou jou vas hou en se dis oky
wat is woorde werd
as ek dit nie kan verseker nie
sal hartseer se sweer
minder word
en jy die warm liefde
om jou raak sien
ek weet soms voel
dit jy is alleen,
jy wil almal gelukkig
maak, maar onthou net
soms kan ons as enkel mens
dit nie alleen regkry nie.
As die nuttelose gevoel jou
beetkry, kom praat en deel
jou seer. Moenie besluit
om ooit alleen te veg daarteen nie.
Ons almal is mense, en soms wens
elkeen maar dat ‘n paar enkele woorde
ongese kon gebly het.


glitter-graphics.com

“i can’t explaine in words, the pain in my heart, i can see it in you eyes, every teardrop is part of the healing process. dont hold back on what you feel, but count the words and unintended actions.”

Openbaring 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom en saam hom maaltyd hou, en hy met my.

God het sy enigste seun aan die aarde gegee, om te sterf vir ons sonders, is dit nie ‘n klap in God se gesig as ons in hom twyfel nie. Ek is seker hy verstaan hoekom ons soms hierdie twyfel in ons het. God sal ons nie hierdie “obstacles” gee as hy nie weet ons kan dit oorwin nie, maar ons sal eerder twyfel aan sy wee.

Jesaja 43:1 …Wees nie bevrees nie, want ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne.

My liefste pa:

Liefste pa,
Soms is dit vir my moeilik om alles sommer net so te aanvaar,
en ek haat haar wat jou so baie pyn besorg, ek haat haar vir dit
wat sy ons ontneem het, om ‘n regte pa te kon geken het.
Maar hierdie gelyke grond waarop ons twee nou wandel, haal jare
se seer, emosie en diep afgrond weg. Pa ek weet dis nie maklik nie, sy
ruk en pluk en skeur so ver sy gaan. My pa dit sal eendag alles backfire, maar wie gaan dan laaste lag?
Ek hoop dat jy die krag en insig vandag sal ontvang, om jou
deur dit te sien. ek vra Liewe Jesus om jou te dra en jou die
mag sal gee om haar te wys jy was nog rerig nooit die skurk nie.
Onthou ek en Elm is hier vir jou.

Sterkte pa ek is en sal altyd vir jou lief bly. Dis my pa wat ek na jare gevind het, by wie ek self my hart sake kan praat.

Love you lots my pa.

7 comments Julie 22, 2008

Gedagtes wat om en om maal in my kop

My hemp van Saterdag wat ek verdeel het, helfte Shark en helfte Cheetah. Gedink ek sou nie “huil” nie hehe wys jou net eenkeer ‘n Sharks altyd een. Maar ek gee dit vir die Cheetahs, as jy verdien om te wen dan is dit net so. Die beter span!!!

Op die ou-end was dit baie lekker. Enige iets is lekker saam my pa en Elmarie.

Dit wat om en om draai
is my pot se deksel
ek verwag nie meer
van jou as wat
jy kan gee

maar ek bly
wonder oor die
liefde se dood
stille sterfte

genade hoe kan
dit wees
en ek bly dink
dit was tog
een groot “game”
vir jou

 

Snaaks hoe mens dink dat jy nooit iemand sal ophou lief he nie, deur elke dolk in jou hart en seer in jou lyf bly die liefde wat jy in jou rond dra net so sterk, groei met elke sekond.

 


glitter-graphics.com

4 comments Julie 20, 2008

Sharks gaan die Cheetahs opvreet of vise versa

Saterdag verkies ek om ‘n draadsitter te wees?  Hoekom sal julle my vra, ek is gebore Sharks en my pa is ook.  Nou ons drie Ek my pa en Elmarie gaan die rugby game kyk in Bloemies.  En Elmarie is ‘n Cheetah.  So ek het ‘n blink gedagte gehad en sal Maandag die foto’s hier plaas.

So either way maak nie saak watse span gaan verloor nie, ek sal nie ‘n traan stort nie. hehe:lol:


glitter-graphic

1 comment Julie 18, 2008

Previous Posts


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

 

Julie 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Recent Posts

Gister se dinge

Blogroll

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

Snuffel kyk

who's online

Bladsye

Meta

Twitter Updates