Archive for Junie 30th, 2008
Om net te wil weghardloop
Al ooit gevoel of dit beter sal wees om net vir eendag te verdwyn?
Die eendag as die lewe druk en jy moeilikheid van alle kante kry, of sommer net om jouself weer in perspektief te plaas.
Psalm 56:2
Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag
My vyand vertrap my die hele dag want baie veg teen my in hoogmoed
Die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou.
Dit help op die ou end van die dag nie om weg te hardloop nie, want gewoonlik agtervolg die probleem jou of hy sit en wag op jou terugkoms.
Mag jou week gevul wees met geluk, en baie vreugde, maar dat jy soms sal stilstaan en die werke van die Here sal sien en tot sy eer sal leef.
3 comments Junie 30, 2008















