Archive for Junie 25, 2008

My hart is seer

As die slaap ontwyk en mens lê heelnag en dink, oor hoekom sulke dinge oor jou lewe moet kom.  En jy raak ook moeg vir die lewe, maar jy weet jy mag nie jy kan nie, jy moet daar wees vir ander mense om hulle elke dag te verseker dat hulle al is hulle nie perfek nie, niemand is nie.  Hoe gemaak as die lewe jou vandag so goed behandel, maar die verlede wil net nie los nie.

 

Dat een mens wat tog dan gesê het hulle het vir 23jaar niks gevoel nie, waarom moet daar dan tot die uiterste toe gegaan word om die een man wat kop en skouers bo almal uitsteek hom figuurlik telkemale met ‘n mes te steek.  Ek verstaan nie, en dis nie net hom wat sy so seer maak nie, maar ander ook.  Hopelik sal sy eendag as alles geeindig het lekker kan slaap na als wat sy ander deursit.

 

Ek wil nie meer die haat in my hart hê nie.

 

 

 

GEVOELENTE 

Ek loop al met hierdie “gevoelente” in my hart en dalk is die gevoelente
‘n teken dat ek dit in my hart met jou moet deel.
Die Here slaan my so nou en dan met ‘n vyetak van genade oor die kop en dan
voel ek so “gebless” dat ek net wil spring en lag en dans – want HY is so goed

vir ons.
Iemand het vanoggend gesê dat die Here deur mense met mense praat. Dit voel

of die Here vandag vir my sê dat ek vir jou moet vertel dat HY vir jou ongelooflik

baie liefhet – en as jy vandag dalk bietjie “af” voel

moet jy onthou dat jy baie het om voor dankbaar te wees!

As jy vanaand jou voor die tv uitstrek of jy dalk vir jou ‘n lekker Peanut butter


broodjie smeer ‘n vleisie op die kole gooi of in die bed klim,
moet jy onthou dat selfs dit ‘n “blessing” is!!

Eintlik is ons almal met die vyetak van genade geslaan –  ons besef dit net nie aldag nie.

Lekker dag

Mag jy ‘n spesiale drukkie van Jesus ontvang vandag.

Junie 25, 2008 at 1:17 nm 3 Kommentaar


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Junie 2008
M D W T V S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 261 581 spore

Snuffel kyk

who's online