Pa Gelukkig verjaarsdag en Vadersdag

Junie 14, 2008 at 7:05 vm 4 Kommentaar

 

my pa

‘n mens met ‘n sagte hart
my pa jy is vir my ‘n steunpilaar
iemand na wie ek kan gaan
as die pad onbegaanbaar word

my pa kleintyd was jy altyd daar,
ek onthou die dag wat jy my
en sussa kafee toe geneem het
en elkeen ‘n sakkie vol sweets gekoop het

jy is rots vas op die aarde
jy troos en versterk my weer
jy leer my die dinge wat
belangrik genoeg geag moet word

pa jy maak altyd seker
dat ons gelukkig is,
al het ons jou al so baie
hartseer veroorsaak

Pa jy is so ‘n diep mens
dat dit my soms vlak laat voel
maar nie minder geliefd nie

Pa ek glo in my hart
dat jy nou uit eindelik
baie gelukkig is
en ek is uit my hart uit bly

Mag jy die volgende 46 jaar
net die mense om jou hê wat
in jou geluk deel

My pa ek is baie lief vir jou
Pa is iemand om na op te kyk
my rolmodel
Pa ek weet dankie is nie genoeg nie

maar Dankie vir elke kosbare oomblik
wat ek saam met Pa het
Dankie vir die liefde en omgee
wat nooit geswik het nie

Dankie dat ek iemand soos
Pa kon hê om MY PA te wees

Geluk met Pa se verjaarsdag, en Vadersdag.  Ek’s Lief Vir Pa

 

 

 

 

Aan al die ander Pa’s Gelukkige En Geseënde Vadersdag. Hoop julle word tot in die afgrond bederf.

 

Lekker dag vir almal verder en mag die ekstra
afdag darem lekker onstpannend wees.

About these ads

Entry filed under: Dad. Tags: .

Vrydag die 13de GEBED VIR JOU, MY VRIENDIN

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Pikkelik  |  Junie 14, 2008 om 8:58 nm

    Neykie, dit is seker jou mooiste gedig!!!! Ek hoop jou pa geniet sy Vadersdag, maar met so ‘n dogter hoe dan anders…. ;-)

    Reply
  • 2. Wipneus!  |  Junie 15, 2008 om 8:31 vm

    Uit die hart, baie mooi Neykie. Hoop julle het ‘n heerlike dag.

    Reply
  • 3. Eben  |  Junie 15, 2008 om 2:23 nm

    Pragtige woorde en ek hoop hy lees wat jy vir hom geskrywe en …. om te besef hoe lief sy dogter hom het!!

    Geniet die dag saam jou mense, en gaan groot, onthou more is holiday!!! :)

    Reply
  • 4. meermin  |  Junie 17, 2008 om 12:26 nm

    Geluk met jou pa se verjaarsdag, hoop hy lees die, en ek glo jy sou hom vreeslik bederf het! Ek het nie my pa gaan bederf nie, omdat ons nog almal bietjie siekerig was, en my ma gaan Vrydag vir ‘n operasie, ons was bang ons steek haar dalk aan! My sussie het ook die 15e verjaar! Baie baie mooi woorde Neykie!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Junie 2008
M D W D V S S
« Mei   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 172,571 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: