Archive for Junie 14th, 2008

Pa Gelukkig verjaarsdag en Vadersdag

 

my pa

‘n mens met ‘n sagte hart
my pa jy is vir my ‘n steunpilaar
iemand na wie ek kan gaan
as die pad onbegaanbaar word

my pa kleintyd was jy altyd daar,
ek onthou die dag wat jy my
en sussa kafee toe geneem het
en elkeen ‘n sakkie vol sweets gekoop het

jy is rots vas op die aarde
jy troos en versterk my weer
jy leer my die dinge wat
belangrik genoeg geag moet word

pa jy maak altyd seker
dat ons gelukkig is,
al het ons jou al so baie
hartseer veroorsaak

Pa jy is so ‘n diep mens
dat dit my soms vlak laat voel
maar nie minder geliefd nie

Pa ek glo in my hart
dat jy nou uit eindelik
baie gelukkig is
en ek is uit my hart uit bly

Mag jy die volgende 46 jaar
net die mense om jou hê wat
in jou geluk deel

My pa ek is baie lief vir jou
Pa is iemand om na op te kyk
my rolmodel
Pa ek weet dankie is nie genoeg nie

maar Dankie vir elke kosbare oomblik
wat ek saam met Pa het
Dankie vir die liefde en omgee
wat nooit geswik het nie

Dankie dat ek iemand soos
Pa kon hê om MY PA te wees

Geluk met Pa se verjaarsdag, en Vadersdag.  Ek’s Lief Vir Pa

 

 

 

 

Aan al die ander Pa’s Gelukkige En Geseënde Vadersdag. Hoop julle word tot in die afgrond bederf.

 

Lekker dag vir almal verder en mag die ekstra
afdag darem lekker onstpannend wees.

4 comments Junie 14, 2008


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

 

Junie 2008
M T W T F S S
« May   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Recent Posts

Gister se dinge

Blogroll

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

Snuffel kyk

who's online

Bladsye

Meta

Twitter Updates