Archive for Junie 8th, 2008
So kom alle goeie dinge tot ‘n einde. Ek op kursus
So nou is die naweek al weer verby? Te vinnig gevlieg en nou is dit weer vir ‘n week van kuier op die blogs so tussen die werk deur. Geniet julle week wat voorlê…..
DIS HOEKOM VROUENS NIE GAAN JAG NIE…
Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag.
Op die plaas aangekom sê hy vir haar om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af.
Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoof hek ontmoet.
So gesê , so gedaan. Hy het skaars 200 meter geloop toe hy drie skote hoor klap.
Hy hardloop terug in haar rigting en by die rivier kry hy haar.
Sy stry kliphard met `n man…
“Meneer, dit is my Kudu die ek het hom eerste gesien en drie kopskote gegee!”
“Goed mevrou, ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan die kudu vir jou, maar gee jy om as ek darem net my saal en toom van jou f*kkin kudu afhaal!?”
_______________________________
Ek is more op ‘n 2dae kursus, so ek moet my varkies op hok kry
hoop julle het ‘n lekker sondag verder.
die mense
loop en
verstom
hulself
die rondings
van jou lyf
waarmee jy
almal uitlok
die hoogste
bespreking
onder elke
mans groep
jou wulpse
pruilend lippe
jou vye blare
ontbloot jy
sonder skaamte
dis alles jou
skuld,
jy het hom
weg gerokkel
en gebruik
toe weg gesmyt
en almal noem
my nog steeds
die ysprinses
nou wil hy
terug kom
maar herken
dat jy nog
steeds deel
van sy lewe
is, vir nou
3 comments Junie 8, 2008



















