Week 12
Maart 17, 2008
Staan gou biekie stil, 5minute.
Dink biekie daaroor na, wat het jy met die jaar sover gemaak of beleef, kan jy glo dis die 3de maand en ons gryp-gryp na die 4de maand toe. Het jy rerig atleast probeer om ‘n verskil te maak in iemand anders se lewe, selfs jou eie of het jy net aan geploeter, nog ‘n dag nog ‘n week.
Party mense kom in ons lewe, maar verdwyn gou weer. Ander bly net ‘n ruk en laat voetspore op ons harte. En ons is nooit, ooit weer dieselfde nie.
Verbeel jou daar is ‘n bank wat elke dag R86 400 in jou rekening inbetaal, geen balans oordra van dag tot dag nie, wat jou nie toelaat om te spaar nie, maar elke aand alles wat jy nie gebruik het nie, kanselleer. Wat sal jy doen? Natuurlik sal jy elke dag al die geld trek! Wel, elkeen van ons hét so ‘n bankrekening. Sy naam is TYD.
Elke oggend kry jy 86400 sekondes. Elke aand neem dit terug alles wat jy nie vir ‘n goeie doel aangewend het nie. Dit dra geen balans oor nie, geen oortrokke rekening nie. Elke dag maak dit vir jou ‘n nuwe rekening oop en verbrand elke aand die rekords van die dag. As jy nie die dag se deposito gebruik nie, is dit ‘n verlies. Daar is geen omdraaikans nie. Alles wat jy vandag nie gebruik het nie, is vir altyd verby.
Gebruik dus elke dag jou deposito ten volle!
Om te glo, is om te weet dat elke dag ‘n nuwe begin is. Dit is om te vertrou dat wonderwerke gebeur, en drome soms werklik waar word. Om te glo, is om jou te verwonder aan die sterbelaaide hemel, die son en die maan. Om te glo, is om die waarde van ‘n liefdevolle hart te besef en om die onskuld in ‘n kind se oë raak te sien. Om te glo, is om die krag en moed te vind wat binne-in ons lê, wanneer dit nodig is, om die stukkies op te tel en weer aan te gaan. Om te glo, is om te weet dat ons nie alleen is nie, dat die lewe ‘n geskenk is en ons moet dit koester. Om te glo, is om te weet dat daar vir ons wonderlike verrassings wag, en dat al ons hoop en drome binne bereik is. As ons maar net glo …
Hemelse Vader,
Dankie dat U my wonderlik gemaak het;
dat ek gedagtes van my eie mag hê;
dat ek ook mag weet dat die dinge wat ek dink
‘n geweldige invloed op my hele lewe het.
Here, neem elke gedagte van my gevange
sodat dit in lyn sal wees met U wil.
Help my om versigtig te wees met die dinge wat ek dink;
om nie alles uit te blaker wat in my gedagtes opkom nie,
maar om my gedagtes te sif
en net díe deur te laat en in woorde om te sit
wat ‘n positiewe invloed sal hê
op die mense met wie ek in aanraking kom.
Help my om ontslae te raak van negatiewe gedagtes,
van jaloesie en naywer,
van afguns en bitterheid.
Gee dat ek my gedagtes sal vol maak met die dinge
wat by ‘n kind van U pas:
met liefde en vrede en vreugde;
met alles wat waar en eerbaar, regverdig en mooi is,
sodat ander mense die vrug van my positiewe gedagtes
in my lewe sal kan raaksien.
Gee dat ek altyd sal onthou:
wat ek dink, dit is ek.
Amen.
Entry Filed under: Geestelik. .
2 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
















1.
Justine | Maart 17, 2008 at 9:42 nm
Mag jy altyd onthou; wie jy in Hom is
2.
SHARKS | Maart 18, 2008 at 7:09 vm
Neykie dit is pragtig!!